Die Peter Pan van romansiers

2009-11-11 00:15

Foto: Jean Meeran

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Zinaid Meeran lyk soos Peter Pan, Dorothy van Oz en ­Michael Jackson als in een. Hy dra ’n kortbroek en ’n sonbril met wit raam en donker lense soos ’n ruimtereisiger of ’n huisvlieg. Meeran is ’n kultusfiguur met ’n besige, goddelose brein en ’n lakoniese geselstrant – en hy het onder meer ’n meestersgraad van die Universiteit van Kalifornië in Los Angeles.

Dié Suid-Afrikaanse skrywer het onlangs die EU-toekenning vir sy ­debuutroman, Saracen at the Gate, gewen. Die boek is ’n skreeusnaakse wipwaentjierit wat wemel van oordadige, fassinerende detail soos Vikram Seth se boeke, elegant en diepgaande soos Salman Rushdie se werk, psigedelies bont soos Bollywood, masala, hibiskus en mango. Dit handel oor ’n Johannesburgse kerriemafia-prinses, Zakira, wat verlief raak op die leier van ’n anargistiese vrouebende.

Meeran tel die boek op en merk op dat die reënboogkleurige voorblad (soos ’n Andy Warhol-koorsdroom) ’n goeie weerspieëling is van die anargistiese graffiti-tema. “Ek kies boeke op grond van hul gewig,” erken hy, “en dié een lê lekker swaar in die hand.”

Meeran noem sy persoon­like filosofie “roots anarchy”. Hy en sy vriende kom in opstand teen die etikette en identiteite wat op mense afgedwing word. Hulle bepleit ’n gefragmenteerde selfbeeld. Dit was dan ook sy antwoord op die beoordelaars van die EU-prys se verbasing oor sy geslag: hulle het almal gereken hulle het met ’n vroulike stem te doen: “Ons is almal opgemaak uit klein deeltjies en stukkies. Identiteit is vloeibaar. Ek hou van mense wat rasloos, geslagloos en klasloos is.”

Meeran se kinderjare was inderdaad vloeibaar en gefragmenteerd: “Ek is van gemengde herkoms, my oupa was ’n Afrikaanse polisieman, my ouma ’n Kaapse bruinvrou, my pa ’n nasaat van die 1860-suikerrietsnyers. My stiefpa was ’n wit Suid-Afrikaner. Op hoërskool was ek verbluf dat mense na my bly verwys het as Indies; dis nie die konsep wat ek van myself het nie. Die paar Indiese gene het ongelukkig al die ander weggewas. Ek is grootgemaak deur twee dosyn anties, party van hulle mal, ander semi-normaal en my stiefma – my aktivis-ma was in ballingskap en ek het haar vir lank nie gesien nie. Dan was daar my pa, vasgegord in sy Lazyboy met intergalaktiese reismoontlikhede, en my oupa, afgesonder in sy studeerkamer in sy eie Lazyboy, ’n ouer model, die afstandelike patriarg. Dit was my rolmodelle. Ek het geen idee waarom mense van my verwag om ’n man te wees nie. Verbeel jou hoe bevrydend sou dit wees as almal toegelaat is om hulself te wees.”

Meeran en sy tweelingbroer, Jean, is rolprentmakers, Team Tarbaby. Hulle leef raap en skraap en hou hulle besig met selfuitdrukking in verskillende vorme. Die draaiboek van hierdie boek, Gazelle 911, sou in Junie verfilm word, maar was deur die SAUK geborg. “En nou sit hulle almal in die tronk. Ons weet nie wat gaan gebeur nie. Ons stuur vir hulle e-posse, maar hulle word nie toegelaat om hul e-pos in die tronk te lees nie. Eintlik is dit goed dat daar nie geld is nie, nou kan ons ons tyd vat.”

Hy het die boek oor twee jaar geskryf, aan en af, tussen prente maak deur “Om boeke te skryf is ’n eensame besigheid, en om prente te maak is waansinnig sosiaal. Ek sou tussen die twee uiterstes kon rondval vir afwisseling.” Die boek is aan hul kombuis­tafel geskryf: “Dis die enigste oppervlak in die huis waarop jy ’n skootrekenaar kan neersit.” Hoog op kaffeïen het hy soms ure aaneen geskryf totdat die vensters donker word en soms vir ure met sy kop in sy hande gesit: “Ek het verslaaf geraak aan die uitsig deur die kombuisvenster: doringdraad en ’n klein stukkie van Tafelberg.”

- Die Burger

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BA

Tshwane (Pretoria)
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R420000

Oracle Applications DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R540000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R180000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction 3-dr
2004
R 165,000.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+ 5-dr
2006
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.