Afrikaanse skrywers op program

2010-07-29 21:30

Kaapstad

Die Kaapstadse Boekebeurs is van môre tot Maandag in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum aan die gang. Soos in vorige jare bied dit ’n internasionale ­program met ’n norring kraampies, ­bekendstellings, besprekings en voor­lesing waarby Afrikaanse skrywers ingereken is.

Wole Soyinka, die eerste Afrika-wenner van die Nobelprys vir ­Letterkunde, is vanjaar ’n gas van die vyfde boekebeurs en sal môre om 10:00 met sy uitgewer Nana ­Ayebia oor sy nuwe memoir, You Must Set Forth at Dawn, gesels.

Die eerste Afrikaanse skrywer op die program is Jeanne Goosen. Sy praat môreoggend om 10:00 oor haar nuwe bundel kortverhale, Plante kan Praat.

Om 11:00 volg ’n gesprek oor landskap en geheue waaraan die Afrikaanse skrywer Odette ­Schoeman deelneem, asook ­Cynthia ­Jele, ­Sally-Ann Murray en Maya Fowler. Mike Nicol sal die gesprek lei.

Die besprekings en bekend­stellings word soos op vorige ­boeke­beurse in tydgleuwe in verskil­lende lokale in die Kiks aangebied.

Só byvoorbeeld kan mense môre om 12:00 kies tussen Freek Robinson se gesprek met Bill Nasson, skrywer van die onlangs ­by­gewerkte The War for South Africa, Quickfox Publishing se aanbieding oor selfpublikasie, asook Tracy Farren se gesprek met Rosie ­Kendal, Jele en Fiona Snyckers oor sogenoemde “chick-lit” en vroue­fiksie.

Om 13:00 praat Dan Sleigh oor sy historiese roman, Afstande, oor die verhaal van die Griekse ­skrywer- soldaat Xenophon.

Elmari Rautenbach, adjunk­redakteur Drum, praat die dag om 14:00 met Rudolph Zinn, senior ­dosent in kriminologie en skrywer van Home Invasion, asook die misdaadskrywers Deon Meyer ­(Karoo­nag), Karin Brynard (Plaasmoord) en Chris Karsten (Abel se Ont­waking). In dieselfde tydgleuf vind ’n bespreking plaas oor P­umla ­Dineo Gqola se boek What’s Slavery To Me?. Adam Haupt, Gabeba Baa­deroon en Meg Samuelson sal oor die postkoloniale slawegeheue ­gesels.

Die veelbesproke koms van e-boeke en die tradisionele boek sal ook om 14:00 onder die loep geneem word wanneer Steven Naude van Pearson en Michelle Lissoos van Thin Ahead Education Solutions gesels. En om 14:00 tree Steven ­Dubin, Sue Williamson, Riason ­Naidoo en ­Andrew Lamprecht in gesprek oor die toekoms van ­museums in Suid-Afrika.

Die skrywers van Growing up in the New South Africa, Jeremy Seekings en Sharlene Swartz, sal dan ook gesels met Crain Soudien, adjunk-visekanselier van die Universiteit van Kaapstad.

Ook op dié dag, van 17:00 tot 18:00, gaan Cas Vos, Joan Hambidge en Daniel Hugo van hul gedigte voorlees.

Sondag om 10:00 en 11:00 gesels Ruda Landman met die wenners van die M-Net- literêre pryse.

Ook om 10:00 gesels die digter Danie ­Marais met Andries Bezuidenhout oor sy rubriekebundel, Toeris in ­Hillbrow.

Om 13:00 gesels Johann ­Myburgh, ’n omroeper van Radio ­Helder­berg, met drie skrywers oor Afrika: Deon Maas (Witboy in ­Afrika), Christiaan ­Bakkes ­(Stoffel in Afrika) en Piet van ­Rooyen ­(Etosha).

Die dag om 15:00 en Maandag om 10:00 stel Hugo sy Afrikaanse ver­taling uit ­Nederlands van Koning van Katoren bekend. Die jeug­romanskrywer Carina Diedericks-Hugo sal die gesprek lei.

Om 16:00 tot 17:00 die dag lees die digters ­Louis Esterhuizen, Jelleke ­Wierenga, Zandra Bezuidenhout en Melt Myburgh gedigte voor.

Maandag om 09:30 sal die kinder­boekillu­streerder Marjorie van Heerden die jongklomp wys hoe hulle vorms kan gebruik om fantastiese tekeninge te maak. En om 10:00 stel Keina Swart die boek Hoekom Praat Grootmense so Snaaks? ­bekend.

Die boekebeurs is môre en ­Sondag van 10:00 tot 18:00 oop en Maandag van 10:00 tot 16:00. Volwassenes betaal R60 per dag. ­Studente en ­pensioentrekkers ­be­taal R25. Kinders jonger as 13 jaar kry gratis ­toegang.

Verwante geleenthede word in The Book Lounge in Roelandstraat, Lobby Books in Spinstraat, die ­Labia-bioskope in Oranjestraat en by die SA Nasionale Kunsmuseum in die Tuine aangebied.

- Die Burger

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY02
2003
R 95,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.