‘Niemand kon so hard werk soos John’

2011-12-27 12:05

KAAPSTAD. – Die digter Lina Spies vertel graag hoe sy eens in gesprek met die digter Dirk Opperman genoem het sy wens sy kon so hard werk soos die nou ontslape John Kannemeyer. Opperman se antwoord was: “Niémand kan so hard werk soos John nie.”

Die letterkundige, wat Kersdag in die ouderdom van 72 dood is, het pas sy magnum opus – ’n biografie oor J.M. Coetzee – voltooi, wat in 2012 in Afrikaans en Engels by Johathan Ball verskyn. Hy het al in 2008 met dié projek begin.

Dr. Etienne Britz, oud-lektor in Afrikaans en Nederlands, het in 2007 Kannemeyer se buitengewone produktiwiteit in ’n rubriek toegeskryf aan wat hy “die Germaanse lyn in die Afrikaanse letterkunde” noem: “ondernemend, deeglik, uiters gedissiplineerd”, maar ook met “dominerende, onredelike en selfs dekadente trekke, tipies van die formidabele Germaan”.

Dit is dan ook so dat Kannemeyer se formidabele oeuvre gepaard gegaan het met nimmereindigende relletjies, uitvalle en selfs hofsake. In Februarie vanjaar nog het hy en Nicol Stassen van Protea Boekehuis in die hof gedraai rondom die kwessie van die uitbetaling van tantièmes.

Maar ’n aanhaling voor in sy memoires, Die rym neem ook ’n hele lewe in beslag, bied tog ’n leidraad tot die man ágter die kwasterige literator, skryf Johann Kotze in 2002 op LitNet: “Geen gids het my gelei nie, net my eie gemoed ...”

John Christoffel (J.C.) Kannemeyer is op 31 Maart 1939 op Robertson gebore in wat hy aan Die Burger se Murray La Vita in 2008 noem “’n totaal nie-akademiese huis” was.

Nie een van sy ouers het matriek gehad nie. Sy pa was ’n welgestelde sakeman op Robertson, wat wou hê sy seun moes advokaat word. Kannemeyer se belangstelling in die letterkunde – reeds as skoolseun – was vir sy pa aanvanklik ’n groot teleurstelling.

In 1964 het Kannemeyer sy doktorsgraad onder leiding van D.J. Opperman aan die Universiteit Stellenbosch behaal en klas gegee in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Kaapstad, Randse Afrikaanse Universiteit en US. Hy was professor in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Witwatersrand, senior navorser by die Raad van Geesteswetenskappe, het bygedra tot die tydskrif Standpunte en was van 2004 buitengewone professor in Afrikaans en Nederlands aan die US.

Onder sy bekendste werke tel Die Afrikaanse Literatuur: 1652-2004, Ek ken jou goed genoeg – Die briefwisseling tussen N.P. van Wyk Louw en W.E.G. Louw 1936-1939, en sy biografieë oor D.J. Opperman, Peter Blum, C. Louis Leipoldt, C.J. Langenhoven, Jan Rabie en Etienne Leroux.

Hy is drie keer met die Recht Malan-prys vir nie-fiksie bekroon, met die Ou Mutual-prys vir nie-fiksie in 1987 en die Gustav Preller-prys in 1988 vereer, en in 2003 met die N.P. Van Wyk Louw-medalje beloon.

- Die Burger

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.