Zuma smee bande met Bultfontein se boere

2010-09-06 00:04

Bultfontein

Pres. Jacob Zuma het nou self ’n aandeel in ’n Vrystaatse boerdery en gaan gereeld op die Boertjiefees kom kuier.

Sy nuwe versie en stoet-Bonsmara-bul met ’n mooi Zoeloe-naam moet die versies hier dek. Die hoop is dat ’n ryk oes kalwers simbolies sal wees van die verbintenis tussen hom en dié gemeenskap.

Zuma het gesê hy wil elke Boertjiefees bywoon en dan bly “vir boertjiekos, vir pap en vleis”. Hy is ook genooi vir die jaarlikse “fly inn” waar vlieëniers na die dorp vlieg vir ’n ontbyt.

Hy het sy besoek aan KwaZulu-Natal onderbreek en per lug­maghelikopter na die dorp gevlieg om die Boertjie-kontreifees te open.

“Dit is vir my vandag belangrik om opregte mense te ontmoet wat dinge laat gebeur. Julle boere is sulke mense,” het hy gesê aan dié boere, wat na die swart gemeenskap uitgereik het.

Die land kan by die boere kom leer – hulle kla nie, maar doen dinge en help om voedselsekuriteit te verseker, het hy gesê.

Met die ontvangs van sy Bonsmara-bul van R40?000 het hy die bul die naam Nsuze gegee, ’n rivier wat deur sy stat Nkhandla vloei.

Die bul is deur mnr. Jan Pienaar van die plaas Koppieland geskenk. “Dit is beter om hande te vat as om te boks. Dis ’n groot voorreg,” het Pienaar gesê.

Mnr. Herman Meiring, voorsitter van Bultfontein-Landbou, het gesê die president is welkom om jong mans van sy stat te stuur om hier opgelei te word.

“Hy is nou deel van die projek. Ons wil ’n verskil maak en ons gáán ’n verskil maak. Hy is nou deel van Bultfontein. Hy het vir ons gesê hy wíl deel wees daarvan (die projek).”

Meiring het, net nadat Zuma se bul oorhandig is, die president om die skouer gevat en hom indringend toegespreek.

“Die versies en die bul wat ons geskenk het – 15 versies plus ons as Bultfontein-Landbou het ook ’n versie – bly hier by ons.

“Iemand wat graag wil boer, moet gekeur word. Hy moet ’n landbou-agtergrond hê. Dan word hy by die munisipaliteit se meent, waar die bul en versies gaan loop, opgelei.”

Bonsmara SA gaan deel word van die projek om die boere op te lei.

Die boere gaan lusern by die? rioolaanleg vestig en die nuweling-boere hierin oplei.

Meiring het gesê die gemeenskap pluk met Zuma se besoek die vrugte van harde werk. Premier Ace Magashule van die Vrystaat het dié gemeenskap as ’n rolmodel vir die hele land bestempel en dit is hoekom hy die president hierheen genooi het.

“Die premier en LUR’e se deure en harte is oop. Ek wil dankie sê dat hulle dit betoon en omdat hy (Magashule) uit sy kantoor pres. Zuma gebel en hierheen genooi het. Hy het gekom. Dit wat hy gesê het, het gebeur. Die versieprojek se simboliek is ons wil saamwerk, hulle wil saamwerk, ons kyk na hul belange en ons kan mense oplei.”

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Wim sê... In die woorde van Eugene Marais:... di vyande van di Afrikaanse taal is Jingo-Afrikaners- mense so laag gevalle dat jy lus het om jou mond uit te spoel na jy hulle name noem. Ons het al baie slegte nasies en mense in ons tyd gesien, maar nog nooit iets lager of gemeener dan een Engels-gesinde Afrikaner wat sy moeder-taal di - taal deur sy vaders gesproke- verag." Daar is natuurlik ook die wat nie weet wie hulle pa was nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

A 180 ELEGANCE AT
2010
R 244,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.