Zuma se besluit oor Simelane onbehoorlik

2009-12-12 04:13


Pretoria

Pres. Jacob Zuma kon nie ’n swakker keuse gemaak het toe hy adv. Menzi Simelane as nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) aangestel het nie.

Daar is talle uitstekende advokate wat geskik is vir dié pos, het me. Helen Zille, DA-leier, gister buite die Noord-Gautengse hooggeregshof hier gesê nadat sy namens haar party ’n hofaansoek vir die hersiening van Simelane se aanstelling ingedien het. Die aansoek word in April aangehoor.

Sy het gesê die groot probleem is dat Simelane klaarblyklik nie die onafhanklikheid van die na­sionale vervolgingsgesag (NVG) erken nie. “Dié onafhanklikheid is absoluut wesenlik in die konstitusionele bestel.”

Dit was ’n onbehoorlike besluit om hom aan te stel en die DA se hof­aansoek is “baie sterk in die reg gefundeer”, het sy gesê.

Luidens talle ander politieke partye se mediaverklarings ondersteun hulle volgens Zille die hofaansoek. Sy glo daar is “talle mense in die ANC” wat dit ook ondersteun.

Sy vind dit ironies dat adv. Vusi Pikoli as NDOV afgedank is al het die Ginwala-kommissie hom geskik bevind vir dié pos, en dat Simelane, wat deur die kommissie as ’n onbetroubare getuie bestempel is, aangestel is.

Volgens die DA word die grondwetlikheid en regmatigheid van Simelane se aanstelling in die hof betwis omdat Zuma daarmee buite sy magte opgetree het.

Daar is goeie rede om te vermoed hy het die besluit geneem met die uitsluitlike doel om magtige ANC-leiers, wat homself insluit, teen vervolging te beskerm, sê die DA.

Die party sê getuienis voor die Ginwala-kommissie toon Simelane voldoen nie aan die wetlike kriteria vir die pos nie.

Hy het voor die kommissie verskeie stellings gemaak wat toon hy verstaan of respekteer nie die NVG se onafhanklikheid nie. Dit sluit in:

 - dat hy gesê het die NDOV is aanspreeklik teenoor die direkteur-generaal (DG) van justisie;

 - sy argument dat Pikoli nie geskik vir die pos was nie omdat dié geweier het om aan ’n DG verslag te doen;

 - Simelane het betwis dat die Grondwet die NVG se onafhanklikheid waarborg; en

 - hy glo die minister van justisie moet bepaal of ’n spesifieke vervolging in openbare belang is.

Die DA sê dit het aan die lig gekom dat Simelane namens die oudminister van justisie, me. Brigitte Mabandla, die opdrag opgestel het om Pikoli se vervolging van die destydse polisiehoof, mnr. Jackie Selebi, stop te sit.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

hjonker sê... Is hierdie 'n grap of wat? Liewe hel ons moet dit elke liewe Vrydag gedoen het. Moan soldate nou omdat hul hul basis moet skoon hou? Hul is gelukkig hul moes nie die paradegrond skoon vee nie... Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Oracle Applications DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R540000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R180000 - R350000

Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 134,994.00

VOLKSWAGEN

Kombi T5 LWB 1.9 TDi MPV Dsl
2005
R 219,950.00

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.