Zuma-lyfwagte betas joernalis glo onsedelik

2010-03-19 23:08

Johannesburg

Lyfwagte van pres. Jacob Zuma het ’n buitelandse joernalis hardhandig rondgepluk en haar glo onsedelik betas.

Emma Hurd, Afrika-korrespondent van SkyNews, het gister aan Die Burger vertel hoe sy op 18 Maart verlede jaar in Mafikeng tydens ’n verkiesingsaamtrek deur lyfwagte van Zuma eers teen die grond gedwing is en hoe een na haar borste gegryp het.

Hurd meen sy het eers ’n jaar ná die voorval gevoel sy moet daaroor praat omdat dit blyk dié soort hantering van joernaliste word nou die norm onder Zuma se lyfwagte.

’n Eyewitness News-joernalis is vroeër die week by die Chris Hani-Baragwanath-hospitaal in Soweto hardhandig hanteer en gedwing om beeldmateriaal uit te vee, terwyl ’n kadetverslaggewer en fotograaf van Mail & Guardian Woensdag glo in hul eie motor voor Zuma se huis in Forest Town, Johannesburg, aangehou is.

“Dit is bisar wat met my gebeur het, en dit gebeur al hoe meer,” het Hurd gesê.

Sy is egter nie seker of die lyfwagte wat haar betas en rondgepluk het van die polisie se BBP-eenheid of die ANC se eie lyfwagte was nie.

Hurd het nie ’n klag by die polisie aanhangig gemaak nie.

Sy het wel mnr. Steyn Speed, ANC-woordvoerder, hieroor gekontak.

Speed het verlede jaar in ’n e-pos verskoning gevra vir dié soort optrede en beloof om dit te ondersoek.

Hurd het dit daarna nie weer opgevolg nie en ook nie weer van die ANC gehoor nie.


- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Penelope sê... Dis tog iets wat mens by die huis leer? Of een of ander tyd deur jou skoolloopbaan in 'n wiskundeklas? Dis skokkend. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

MITSUBISHI

Pajero BK 3.8 GLS SWB 4x4 3-dr AT MY07
2007
R 219,990.00

KIA

K2700 Std Dsl MY04
2006
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.