‘Zuma behoort SA eerste te stel’

2010-02-10 05:24

Kaapstad

Werkskepping, onderwys, duidelikheid oor die beplande nasionale gesondheidsversekeringsplan (NGV) en plig voor sy eie plesier is van die kwessies waaraan pres. Jacob Zuma môre in sy staatsrede aandag moet gee.

Dít is die gevoel bykans reg oor die politieke spektrum.

Me. Patricia de Lille, OD-leier, het gesê: “Die wittebrood is nou verby vir pres. Zuma. Suid-Afrika benodig ’n president wat sy onverdeelde aandag gee om te verseker dat die land suksesvol kan wees, eerder as een wie se eie plesier al sy tyd in beslag neem.”

Twintig jaar ná die vrylating van oudpres. Nelson Mandela het die land ’n verandering aan die onderwysbeleid nodig om die skaars vaardighede te bekom wat die ekonomie vereis.

Mnr. Athol Trollip, die DA se parlementêre leier, het gesê Zuma het misluk om sy belofte van 500 000 werkgeleenthede teen die einde van verlede jaar gestand te doen.

“Nou moet hy sy jongste belofte van 4 miljoen werkgeleenthede teen 2014 in fyner besonderhede verduidelik.”

Trollip wil ook ’n omvattende aksieplan sien oor hoe die regering dienslewering gaan verbeter en vermorste uitgawes gaan besnoei.

Eerw. Mvumi Dandala, Cope se parlementêre leier, het by monde van sy woordvoerder, mnr. Onkgopotse JJ Tabane, gesê Zuma moet sy standpunt oor verantwoordbaarheid duidelik uitstippel.

“Dit sluit sy eie verantwoordbaarheid in. Die president het in Julie verlede jaar gesê ministers gaan prestasiekontrakte onderteken. Sover ons weet, is dit nooit gedoen nie. Indien dit bestaan, wil ons ook weet wat daarin staan oor kwessies soos armoedeverligting en dienslewering.”

Die vakverbond Cosatu het daarop aangedring dat Zuma dié keer verder as ’n blote verklaring van voornemens gaan en verantwoording doen oor die vordering wat gemaak is met die uitvoering van die regering se beloftes en planne om struikelblokke te verwyder.

Mnr. Patrick Craven, Cosatu-woordvoerder, het gesê hulle wil onder meer ’n herbevestiging hê van die regering se verbintenis tot die NGV. Hulle wil ook hoor watter praktiese stappe gedoen is om landelike ontwikkeling en grondhervorming te versnel en voedselsekerheid te verseker.

Daarbenewens moet die president planne bekend maak oor misdaadvoorkoming en die bestryding van korrupsie.

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Nolan sê... Sammy gaan tjorts in jou broek. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.