Zietsman dagvaar kykNet

2012-02-07 00:00

KAAPSTAD. – Die aktrise, kabaretster en sjef Elzabé Zietsman het ’n eis van R250000 weens beweerde laster teen kykNET, die vervaardiger van die skinderprogram Tonge Los, en al drie aanbieders daarvan ingestel.

Die vervaardiger is mnr. Christo Gerlach van Red Line Pictures.

’n Dagvaarding, waarin Zietsman onder meer beweer die indruk is in Tonge Los gewek dat haar seksuele voorkeure “wisselvallig van aard is”, is reeds uitgereik.

Zietsman se suster, me. Martie Schoeman van Mosambiek, eis R100000 van dieselfde partye as Zietsman, ook weens beweerde laster en die skending van haar privaatheid.

Die program waaroor die eis gaan, is op 12 Februarie verlede jaar uitgesaai. Luidens die dagvaarding het die drie aanbieders – Loui Fish, Eagan Williamson en Gavin Prins – gesê Zietsman sou as surrogaatma vir haar suster optree, maar dat hulle ’n uitval gehad het “omdat Zietsman se leefstyl nie goed genoeg was om Schoeman se kind te dra nie”.

Die aanbieders het onder meer ook gesê die akteur Arnold Vosloo was 20 jaar gelede “die groot liefde” in Zietsman se lewe, dat sy nooit daaroor gekom het nie en dat Zietsman geen ander liefde kon vind nie, lui die dagvaarding. “’n Mens hoor nooit dat sy ’n boyfriend of ’n girlfriend het nie,” is glo onder meer op Tonge Los gesê.

Luidens die dagvaarding het Zietsman en Schoeman se reputasies skade gely en is hulle in hul eer gekrenk.

Zietsman eis R250000 omdat die program volgens haar suggereer dat sy ’n swak leefstyl volg wat haar onbevoeg maak om kinders te dra, dat daar familietwis tussen haar en haar suster is en dat haar seksuele voorkeure wisselvallig van aard is.

Schoeman eis R100000 weens die beweerde aantasting van haar reputasie en weens eerkrenking. Zietsman sou nooit vir haar ’n surrogaatma wees nie, maar wel vir haar dogter.

Zietsman het gistermiddag gesê: “Die uitsending het my geweldige kwaad aangedoen.”

Gerlach het alle navrae na sy prokureur, mnr. Willem de Klerk, verwys.

De Klerk, wat vir Gerlach, Fish, Williamson en Prins verskyn, het gesê hy vind dit vreemd dat die saak nou weer herleef nadat hy al ’n jaar gelede teen die dagvaarding eksepsie gemaak het en intussen nog niks gehoor het nie.

“Ons beveg die eis.”

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
30 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.