Woelige walvisse baljaar nou weer vir ’n vale

2010-09-03 01:24

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad

By Hermanus baljaar daar 72 walvisse in die baai, by Witsand kan ’n mens op ’n sonnige dag glo 75 van dié knewels sien en in Valsbaai is daar tientalle die afgelope twee weke gewaar.

“Dit is nou behoorlik walvistyd,” het me. Storm Kreusch, bestuurder van die Hermanus-toerismekantoor, Woensdag gesê. Sy verwag nog walvisse sal in September en Oktober in dié dorp se water kom baljaar.

“As die weer mooi is, kom hulle tot so naby as 10 m van die kuslyn,” het sy gesê. “As die weer sleg is, bly hulle verder weg omdat die water onstuimig is. Dit is ook makliker om hulle te sien as die water glad is, en om hulle te sien blaas as die wind nie waai nie.”

Walvisse is ook volop op dié plekke:

  • “Sowat 40% van die wêreld se suidelike noordkapers kom hierheen om te kalf,” het mnr. Justin Boshoff, bestuurder van die De Hoop-natuurreservaat, gesê. Koppie Alleen is die beste plek om walvisse te sien. Toegang is R30 per persoon en R15 vir kinders.
  • “Ek het hierdie naweek minstens 40 gesien,” het me. Laritha Pretorius van die toerismekantoor in Witsand gesê. Een van die beste uitkykpunte is vanuit die Anchorage Beach-restaurant.
  • “Hier in Gansbaai is baie walvisse,” het me. Doulene Els van die toerismekantoor gesê. “Op mooiweersdae is die beste plek om walvisse te gaan soek by die uitkykpunt in Cliff-weg by De Kelders en­Pearly Beach.”
  • Altesaam 123 walvisse is in Augustus in Valsbaai gesien en op die databank van A Whale of A Heritage Route aangemeld. Mnr. Alan Lindner, wat dié databank begin het, het gesê mense het ’n goeie kans om walvisse te sien van Boyes-rylaan in Muizenberg tot by Smitswinkelbaai.
  • Ook in Kleinmond, St. Helenabaai, Stilbaai en in Tafelbaai gewaar mense van tyd tot tyd walvisse.

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Wim sê... In die woorde van Eugene Marais:... di vyande van di Afrikaanse taal is Jingo-Afrikaners- mense so laag gevalle dat jy lus het om jou mond uit te spoel na jy hulle name noem. Ons het al baie slegte nasies en mense in ons tyd gesien, maar nog nooit iets lager of gemeener dan een Engels-gesinde Afrikaner wat sy moeder-taal di - taal deur sy vaders gesproke- verag." Daar is natuurlik ook die wat nie weet wie hulle pa was nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Data Manager

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

PL/SQL Oracle Developer

Midrand
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Server Management Engineer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R12500 - R15000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

A 180 ELEGANCE AT
2010
R 244,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.