Werkplan ‘sal ANC knou’

2011-02-22 03:23

Kaapstad - Die voorgestelde wysigings aan die Wet op Gelyke Indiensneming kan die nuwe ANC-bestuur se verkiesingsveldtog in die Wes-Kaap ontspoor nog voor hy stoom opgetel het, het kenners gesê.

’n Herrie het losgebars oor voorgestelde wysigings aan die wet, wat onder meer bepaal dat die nasionale demografiese syfers vir aanstellings in die werkplek gebruik moet word eerder as provinsiale syfers.

Die DA het die voorgestelde wysiging as absoluut verregaande bestempel en Cosatu en die ANC in die Wes-Kaap het gemaan teen “swartgevaar-taktieke” kort voor die verkiesing.

Die vakbond Solidariteit se navorsing het gewys nagenoeg ’n miljoen bruin mense sal glo na raming hierdeur hul werk verloor sou dié wysigings deurgaan.

Mnr. Allan Winde, provinsiale minister van finansies, het verlede jaar gesê 21,8% van die totale werkende bevolking in die Wes-Kaap is werkloos.

“Dit is absoluut verregaande, want dit gaan tot meer werkverliese lei. Die president praat van meer werkskepping en dan word daar kwotastelsels voorgestel.

“Ons moet ophou praat van werkskepping en iets begin doen eerder as om wetgewing op te stel wat die omgekeerde doen.”

Me. Helen Zille, Wes-Kaapse premier, het Vrydag in haar openingsrede in die provinsiale parlement ook werkskepping en ekonomiese groei as die hoofprioriteite van die DA-regering uitgewys.

Volgens kenners is die voorgestelde wysigings die regte skietgoed vir die DA in die komende verkiesings.

Prof. Dirk Kotzé, ’n politieke ontleder verbonde aan Unisa, het gesê dié wysigings is ’n groot terugslag vir die ANC in die Wes-Kaap.

“In die res van die land wil die ANC hiermee ’n sterk boodskap oor werksgeleenthede vir swart mense uitstuur, maar dit is tot nadeel van die Wes-Kaap.”

Volgens Kotzé word daar ook geargumenteer die ANC wil juis op die lang termyn die demografie van die Wes-Kaap so verander deur meer swart mense na die provinsie te laat kom.

Mnr. Daniel Silke, ’n onafhanklike ontleder, het gesê dié voorgestelde wysigings kon, met die verkiesing op hande, nie op ’n slegter tyd vir die ANC hier gekom het nie.

“Die DA gaan dié wetgewing gebruik om bestaande kommer onder bruin mense wat voel hulle trek steeds aan die kortste ent, uit te lig.”

Silke het voorts gesê dié wetgewing gaan ernstige politieke gevolge inhou.

“Dit gaan mense verdeel. Dit gaan ammunisie wees vir die DA en elke teen-ANC-mag en uiteindelik die ANC se pogings om die Wes-Kaap terug te wen, kniehalter.”

Silke het gesê Cosatu gaan ook met ’n dilemma sit, want die Cosatu-leierskorps en gewone Cosatu-lede is nie noodwendig altyd in pas met mekaar oor brood-en-botterkwessies nie.

“Indien die ANC nie slaag om minderhede ook ingesluit te laat voel nie, kan hy geloofwaardigheid verloor onder die einste mense wat hy na vry. Kiesers sal die ANC uiteindelik oordeel aan hoe inklusief hy is.”

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.