Walvis spring op seiljag in Tafelbaai

2010-07-20 00:12

Mnr. Ralph Mothes van die Cape Town Sailing Academy op sy beskadigde seiljag Intrepid nadat ’n 12?m lange walvis Sondag in Tafelbaai op die seiljag gespring het.Foto: Michael Hammond

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad

Dit was so hittete of mnr. Ralph Mothes en me. Paloma Werner het in die water beland nadat ’n 12 m lange walvis Sondag op hul seiljag gespring het.

’n Ongewone verskynsel is dit beslis. Gewoonlik is dit mense wat walvisse van naderby wil beskou. Maar ’n jong walvis het Sondag in Tafelbaai die bordjies verhang met ’n vinnige “kuiertjie” op dié twee se seiljag.

Mothes, ’n instrukteur by die Cape Town Sailing Academy, en Werner, ’n kollega, het met die seiljag Intrepid uit die hawe hier in die rigting van Robbeneiland gevaar.

Volgens Mothes het hulle die walvis gewaar terwyl hulle in Tafelbaai geseil het.

“Daar was verskeie ander bote in die omgewing . ’n Motorboot het in sirkels om die walvis gevaar. Dit het gelyk of die motorboot baie naby aan die walvis was.

“Ons was sowat 100?m van die walvis af en dit het nie gelyk of hy in ons rigting beweeg nie. Die walvis het onder die water verdwyn en toe hy weer sy kop uitsteek, was hy sowat 10?m van die seiljag af,” het Mothes gesê.

Hy weet nie of die mense op die motorboot dalk die walvis geïrriteer het deur aanhoudend om hom te ry nie.

Werner het gesê dinge het daarna baie vinnig gebeur. “Toe ons die walvis 10 m van die seiljag sien, het Ralph my gevra om na die ander kant van die jag te beweeg. Hy het gesê die walvis sal óf wegswem óf onderdeur die seiljag swem.”

Maar toe het die walvis skielik uit die water tot op die dek gespring.

“Die walvis het die mas getref. Dit het afgebreek en met seile en al op die dek geval. Die mas het Ralph net-net gemis,” het sy bygevoeg.

Enkele oomblikke later het die walvis van die seiljag se dek afgegly en onder die water verdwyn.

Mothes het bygevoeg die boot het nie gesink nie omdat dit van staal gemaak is. “ ’n Seiljag van veselglas sou heel waarskynlik op die seebodem beland het.”

Hy het die skade op sowat R150 000 geraam.

Mnr. Mike Meyer, ’n walviskenner, het gesê walvisse spring gereeld uit die water. “Maar dit gebeur selde dat hulle tot op ’n seiljag of boot spring.”

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Nolan sê... Sammy gaan tjorts in jou broek. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.