Vrou se oorlewing ná sweeftuigongeluk is ’n wonderwerk, sê kenner

2010-03-10 01:04

Stellenbosch - Dis ’n wonderwerk dat sy lewe.

Só het mnr. Marcel Viljoen, president van die Worcester-vliegklub, gister gesê nadat mev. Adri Hepburn Maandag langs die Breërivier naby Worcester gevind is.

Sy en haar man, Adriaan, het Sondag met ’n sweeftuig buite die dorp neergestort.

Mnr. Hepburn is in die voorval dood.

Die wrakstukke van die gemotoriseerde tweesitplek- Lambada-sweeftuig is Maandag omstreeks 16:00 sowat 500 m stroomaf van die Kwaggakloofdam gevind.

Daar word vermoed dat die sweeftuig kragdrade getref het.

Mnr. Hepburn se lyk was nog in die sweeftuigwrak vasgegordel.

Sy ernstig beseerde vrou is sowat 60 m van die wrakstukke gevind.

Sy het met ’n gebreekte voet en neus in die hitte van sowat 41°C tussen die bosse deurgekruip in ’n poging om hulp te gaan soek.

Me. Suné Kilian, woordvoerder van die Worcester Medi-Clinic, waar Hepburn met veelvuldige beserings opgeneem is, het gesê dit gaan fisiek goed met haar.

“Emosioneel gaan dit nie so goed nie, maar ons is tevrede met haar fisieke toestand.

“Sy is Maandagaand na die teater. Sy het veelvuldige beserings opgedoen en sal moontlik later weer na die teater geneem word,” het Kilian gesê.

Sy het nie besonderhede gegee oor Hepburn se beserings nie.

’n Bron wat op die ongelukstoneel was, het Maandag aan Die Burger gesê Hepburn is onder meer met ’n gebreekte voet en neus en pelvisbeserings per helikopter na die Medi-Clinic gebring.

Volgens die polisie se inligting is die egpaar van Zimbabwe en is hulle die naweek Worcester toe om te vlieg.

Viljoen het gister gesê die wrak is nog nie verwyder nie.

“Die polisie het gebel en gevra of dit (die wrak) verwyder kan word, maar ons het gevra of Burgerlugvaart eers ondersoek kan instel,” het Viljoen bygevoeg.

Hy het vervolg hy kan nie glo mev. Hepburn het die voorval oorleef nie.

“As ’n mens haar beserings in ag neem en die klein opening sien waardeur sy moes gekruip het om uit die wrak te kom, is dit ’n wonder sy het oorleef.”

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Obe sê... My kind het by 'n Afrikaanse skool Graad R gedoen, wat ek daar beleef het, het my genoop om my kind liewer na 'n engelse skool te stuur. Die kinders leer wragtag om alles uit 'n 'Afrikaner' kuturele bril te kyk. Sy is nou suiwer besig met skoolwerk waar respek vir alle kulture aangeleer word. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

MITSUBISHI

Pajero BK 3.8 GLS SWB 4x4 3-dr AT MY07
2007
R 219,990.00

KIA

K2700 Std Dsl MY04
2006
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.