Vrou beroof wat om Afrika fiets trap

2011-08-28 22:50

Kaapstad - Die Johannesburgse avonturier Jolandie Rust se plan om reg om Afrika met haar fiets te ry, is in die noorde van Angola geknou toe vier jeugdiges met flitsende messe en pangas haar van haar fiets beroof het.

Dít was die nuus die afgelope naweek op Rust se blog wat reeds goed gevorder het sedert sy Kaapstad verlaat het op haar lang tog noordwaarts.

Aan haar vriendin Hanret Snyman het sy laat weet dat sy aanvanklik gedink het die insittendes in ’n swart bakkie was ’n bietjie aangeklam en vrolik. Hulle het vriendelik vir haar gewaai.

Laggend en vol grappies het hulle haar daarna gevra om van haar fiets te klim. Volgens haar blog het sy skielik besef sy het ’n ernstige probleem op die verlate pad noord van N’zeto.

Die Suid-Afrikaner het gevra dat sy een van haar sakke kon hou met kos. Dít is sy toegelaat om te doen en dit was ook die sak waarin haar paspoort, bankkaarte en ander waardevolle besittings was.

Nadat die bakkie oor die horison verdwyn het, het dit ingesink dat die jeugdiges haar nie een of ander poets gebak het nie.

Sy het daarna teruggestap na N’zeto en laat weet dat sy baie geskok was oor die voorval en ook skielik baie onveilig gevoel het in ’n land wat sy tot nou baie geniet het.

’n Groot Angolese hotelgroep het haar reeds gesteun as borg en dit was hierdie kontakte met wie sy toe in verbinding getree het. Hulle het vinnig gereageer en haar dadelik te hulp gesnel.

“Sowat dertig polisie-beamptes het op my toegesak in N’zeto. Hulle wou alles weet van hoe die jeugdiges gelyk het.

“’n Helikopter is ook dadelik van Luanda gestuur om te help met die soektog na die verlore fiets,” het die Johannesburger laat weet.

Sy is daarna na ’n hotel geneem en twee wagte is voor haar kamerdeur geplaas.

Die goewerneur van die provinsie Zaire, waar sy haar bevind het, het ook met sy vliegtuig opgedaag. Hy het haar na sy eie woning geneem waar ’n dokter haar behandel het.

Van Rust se vriende is daarvan oortuig dat sy sal herstel van hierdie terugslag en waarskynlik sal voortgaan met haar planne om met haar fiets reg om Afrika te ry.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.