Voorgraadse onderrig by US minstens 60% Afrikaans

2009-12-09 02:32

Stellenbosch. – ’n Voorgraadse Afrikaanse onderrigaanbod van minstens 60% aan die Universiteit Stellenbosch (US).

Dié besluit is op ’n onlangse raadsvergadering van die US geneem en geld van volgende jaar af tot 2013.

Die taalkwessie het vanjaar weer eens vir groot omstredenheid aan die US, gesorg, met twee raadslede, dr. Marié Heese en mnr. Jannie Mouton, wat uit die raad bedank het. Heese, ’n skrywer en onderwyskenner, het in September gesê taalbesluite aan die US word strydig met raadsbesluite geneem.

Op ’n spesiale raadsvergadering vroeër vanjaar is besluit dat parallelmedium-onderrig in plaas van dubbelmedium-onderrig (die T-opsie) van aanstaande jaar af in die eerste studiejaar in vier groot US-fakulteite – ekonomiese en bestuurswetenskappe, natuurwetenskappe, agri-wetenskappe en ingenieurswese – sal geld.

Op die onlangse raadsvergadering is ’n gekonsolideerde begroting vir volgende jaar, onderworpe aan die finale bevestiging van die staatstoekenning wat die US in 2010 sal ontvang, ook goedgekeur.

Volgens dié begroting word R42 miljoen vir die finansiering van onderrigtaal en taalontwikkeling in die breë beskikbaar gestel, asook R29 miljoen om die taalonderrig-model wat die US-raad vroeër vanjaar goedgekeur het, te finansier, luidens die US webwerf (blogs.sun.ac.za).

Voorts word daar ook ’n totaal van R13,9 miljoen vir beurse (voorgraads en nagraads) op ’n volhoubare wyse vir die volgende vyf jaar begroot.

’n Algemene salarisaanpassing van 7% met ingang 2010 vir personeel wat voldoen aan die nodige vereistes om in aanmerking te kom vir hierdie aanpassing, word ook voorsien. Dié salarisaanpassings, met inbegrip van die hele begroting, is onderworpe aan finale goedkeuring deur die US-raad.

Studiegeld sal met 8% verhoog word en inwoningsgeld word ook met 8% aangepas (met enkele uitsonderings by die Tygerberg-kampus).

Die volgende raadsvergadering is op 19 April 2010

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Alet sê... Jy slaap nie rond, jy slaap in die ronte... Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Group Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Senior Project Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Group Financial Director

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 134,994.00

VOLKSWAGEN

Kombi T5 LWB 1.9 TDi MPV Dsl
2005
R 219,950.00

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.