Vliegtuig vlieg in berg vas

2009-12-29 00:51

Foto24

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Mediese spesialis van Vereeniging en drie lede van sy gesin is gister dood toe hul ligte vliegtuig in die Oos-Vrystaat teen ’n berg vasgevlieg het.

Dr. Johan Adriaan Venter (61), ’n ortodontis, sy vrou, Elzabé (61), hul seun, mnr. Christiaan Venter, en sy vrou, Christine (albei 29 en albei geoktrooieerde rekenmeesters), was vroeg gistermiddag in ’n Beechcraft Bonanza-vliegtuig van Vereeniging na Margate onderweg toe hulle in slegte weer teen Platberg by Harrismith vasgevlieg het.

’n Verslae mnr. Wilhelm Venter, oudste seun van die Venter-egpaar en ook ’n geoktrooieerde rekenmeester, het gisteraand gesê die dood van sy ouers en sy enigste broer is ’n geweldige slag vir hom en sy vrou, Natasha.

Wilhelm Venter en sy gesin woon in Londen, maar het vir die feestyd Suid-Afrika toe gekom om hul dogtertjie, Sophia, hier te laat doop.

“Ons dogtertjie is eergister by ons kerk in Vereeniging gedoop. Sophia was my ouers se eerste kleinkind. Hulle was so opgewonde oor haar. Ek het só daarna uitgesien dat hulle haar sien grootword.

“Gister (eergister) was ’n fantastiese dag. Ons was ná die doop almal vir oulaas saam by my ouerhuis. Wat vandag (gister) gebeur het, was seker die ergste einde waaraan ’n mens kan dink.”

Venter het gesê hy en sy gesin was gistermiddag op pad na die O.R. Tambo-lughawe om Kaapstad toe te vlieg vir ’n vakansie in Pringlebaai toe hulle die nuus kry dat sy ouers se vliegtuig vermis word.

“My telefoonnommer was op my ouers se vliegplan. Die lugbeheerbeamptes het my omstreeks drie-uur gebel en gesê die vliegtuig word vermis. Daarna het die nuus al hoe slegter geword. ’n Halfuur later het ek verneem die wrak is gekry. Ek en Natasha het omgedraai en teruggery Vereeniging toe.”

Me. Santjie White van die Suid-Afrikaanse soek-en-reddingsorganisasie (Sasar) sê die vliegtuig het vermoedelik weens tegniese probleme na Harrismith uitgewyk.

Platberg by Harrismith was glo met digte mis bedek en die vliegtuig het dit getref.

Nood- en-reddingswerkers asook die polisie het hulle na die toneel gehaas.

Mnr. Chris Botha van die Net-care 911-nooddiens het gesê paramedici moes weens die bergagtige terrein met veldvoertuie na die toneel vervoer word.

Volgens sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, moes die lyke met toue en draagbare opgelig word.

Die lyke is gelaai in ’n Oryx-helikopter wat vanaf Durban gekom het en is na ’n vliegveld by Harrismith gebring. Hierna is dit na die staatslykhuis in Phuthaditjhaba vervoer.

“Christiaan was my enigste broer,” het Venter gister gesê. Hy het net goeie herinneringe van sy gesin en sê dat hy “ongelooflik trots” op sy ouers en sy broer is. “Ek sal dit vir die res van my lewe aan almal vertel.”

Hy het baie uitgesien na die jare wat voorlê en het gehoop dat sy ouers Sophia sou sien grootword. “Dit het anders uitgewerk, maar ek is baie dankbaar dat hulle haar wel geken het, al was dit net vir ’n rukkie.”

Me. Amanda Minnie, wat reeds 16 jaar as ontvangsdame vir Venter gewerk het, het gister gesê die meeste mense by die spreekkamer was met vakansie, maar het gistermiddag nadat hulle van die ongeluk gehoor het daar byeengekom om mekaar te ondersteun.

’n Geskokte dr. Pieter Grové, ’n tandarts van Vanderbijlpark wat tans in Mpumalanga met vakansie is, het gisteraand gesê daar moes “iewers ’n groot fout gewees het” omdat Venter reeds vir 14 jaar lank vlieg.

Hy was gekwalifiseerd om in slegte weersomstandighede te vlieg. Die vliegtuig waarmee hy gevlieg het, was met die beste instrumente toegerus, het Grové, wat reeds die afgelope 20 jaar ’n kollega van Venter is, gesê.

Mnr. Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die Burgerlugvaartowerheid (BLO), het gesê ondersoekers van die BLO is na die toneel.

Venter het gesê die oorledenes sal vermoedelik eers volgende week begrawe word.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Marianne sê... Ek 'n ex-Stellie en trots maar wonder of die vier skole regverdig teen mekaar deelneem? Hoe is dit dan dat Tygerberg nooit die mas kan opkom nie? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY02
2003
R 95,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.