Verwoede buffel gaffel Kapenaar

2011-09-08 00:00

Port Elizabeth

“Hy het soos ’n groot, swart monster op ons afgepyl. Dit het so gou gebeur.”

Só vertel mnr. Fouché Whitehead, wat saam met sewe vriende (almal van Somerset-Wes) in die Baviaanskloof gekampeer het, van die gebeure toe hy Dinsdag om 17:30 betyds uit die pad van ’n verwoede buffel kon duik.

“Toe fokus hy op Ryno (Magson) en kry hom beet.”

Magson is ná ’n grootskaalse reddingspoging van byna tien uur gister in ’n kritieke toestand in ’n Baaise hospitaal opgeneem.

Sy vrou, Chaniti, het gister gesê: “Toe ekdie nuus van die aanval hoor, was ek uit die veld geslaan. Ek het dadelik aan mnr. Johann Schmidt, ook van Somerset-Wes, gedink. Hy is verlede jaar deur ’n buffel in die Bergkwagga Nasionale Park doodgetrap. Ek het saam met sy dogter ge-swot.”

Volgens betroubare bronne het Magson inwendige beserings opgedoen en ’n nier verloor, maar sy vrou wou nie daaroor praat nie.

Magson en Whitehead het sowat 300m buite die Rooihoek-kampeerterrein in die Baviaanskloof se wildernisgebied gestap toe hul pad met dié van die buffel gekruis het. Ná die aanval wou Whitehead dadelik na die kampeerterrein hardloop vir hulp.

“Maar ek het gesien die buffel wag vir my tussen die bosse. Toe skreeu en skreeu ek tot hulle (die ander vriende) my hoor.”

Toe hulle in die voertuig opdaag, het die buffelbul die wyk geneem.

Die erg beseerde Magson is met die bakkie na die kampeerterrein geneem. Toe het ditmnr. Leon Strydom bykans twee uur geneem om tussen hoë watervlakke deur en oor ’n rivierbedding 30 km verder by die Coleske-plaas te kom, waar hy hulp kon ontbied.

“Na die gebeure Dinsdagaand voel ek baie sterk dat die Oos-Kaapse Parke- en Toerisme-agentskap (OKPTA) dringend moet kyk na ’n noodradio by Rooihoek. Dit sal minstens 90 minute se ry spaar en kan duidelik ’n lewe red,” het Strydom gisteraand gesê.

Maar hy het ook die hoogste lof vir die bystand van die OKPTA-beamptes en lt. Herman Smith, bevelvoerder van die Baviaanskloof-polisie, gehad. “Hulle was wonderlik. Ek bedank hulle.”

Kort nadat Strydom hulp ontbied het, het veldwagters, toegerus met radio’s, dadelik na die toneel gegaan. Mnr. Sybert Liebenberg, waarnemende uitvoerende hoof van die OKPTA, het Magson se vrou ook gekontak en haar deur die nag elke 20 minute op hoogte van sake gehou.

“As hy dit nie gedoen het nie, het ek van my kop af geraak. Ek kan hom nie genoeg bedank nie,” het me. Magson gesê. Toe Liebenberg teen 02:00 kon bevestig dat Magson na die Netcare Green Acres-hospitaal in die Baai geneem word, het me. Magson dadelik uit Somerset-Wes na die Baai vertrek.

“Ryno is ’n groot avonturier en natuurmens. Ek glo hy het oorleef omdat hy so fiks is,” het sy gisteroggend gesê.

Magson is gister omstreeks 07:00 na die teater geneem.

Me. Adèle Kennedy, woordvoerder van die Netcare Green Acres-hospitaal, het gistermiddag gesê sy toestand is bestendig.

Kom sluit aan by Die Burger se Facebook-blad en kry vars brokkies deur die dag.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.