Varsity-rugbykoors vat vlam

2012-02-07 00:00

STELLENBOSCH. – Rugbykoors het gister hier hoog geloop toe die Maties in hul eerste Varsitybeker-wedstryd van die seisoen teen die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) uitgedraf het.

’n See van maroen het net voor sononder op die Danie Cravenstadion by die Coetzenburg-sportterrein toegesak.

Bykans 15000 toeskouers het toegekyk hoe die tuisspan die besoekers met 52-2 afransel.

“Dit gee ’n mens werklik hoendervleis as almal saam hier onder die Pieke staan en die volkslied sing en die kranse sowaar byna antwoord gee,” het Louis Breytenbach, ’n derdejaarstudent, gesê. “Dit maak jou trots om ’n Matie en ’n Suid-Afrikaner te wees.”

Die skare het ontplof elke keer as die maroenspan punte aangeteken het en met die rustydtelling op 26-2 het die atmosfeer ’n hoogtepunt bereik.

Harde musiek en vermaak het gesorg dat toeskouers tydens rustyd in goeie gees bly.

“Almal is verskriklik opgewonde oor die nuwe rugbysei­soen en die atmosfeer is eenvoudig fantasties,” het me. Lily Brannon, Matie-dirigent en tweedejaar-BA-student, gesê.

“Dit sal wonderlik wees as die Maties weer teen die Ikeys in die eindstryd kan speel. Ons gaan alles in ons vermoë doen om hulle met die beste ondersteuning daar te kry.”

Volgens mnr. Belius Potgieter, bestuurder van die Maties-rugbyklub, was daar slegs ’n handvol seisoenkaartjies voor die wedstryd oor.

Vir die groot wedstryde teen die Tukkies en Ikeys is die hoofpaviljoenkaartjies ook reeds uitverkoop.

“Dit is ongelooflik hoe vinnig die kompetisie in ’n kwessie van ’n paar jaar gegroei het,” het Potgieter gesê. “Diegene wat in die vervolg dagkaartjies vir die wedstryde wil koop, sal moet vroeg spring.”

Die Maties speel volgende Maandag teen die Pukke in Potchefstroom.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.