Vals medisyne maak groot geld

2012-02-25 00:00

JOHANNESBURG. – Misdadigers gebruik die internet al hoe meer om lewensgevaarlike vals medisyne te verkoop. Sommige middels beland selfs in apteke.

Só is bevind in ’n studie onder leiding van dr. Graham Jackson, redakteur van die International Journal of Clinical Practice.

Die joernaal berig in sy Maart-uitgawe die verkope van vals medisyne het tussen 2005 en 2010 verdubbel tot R568miljard per jaar ($75miljard) en dit word dikwels sonder voorskrifte op die internet verkoop.

Volgens Jackson is die gevaarlikste middels vals kanker- en hartmedisyne, asook vals entstowwe wat gedurende die voël- en varkgriepuitbrekings gesmous is.

Talle bevat nie die nodige aktiewe bestanddele nie en ander bevat toksiene soos arseen, boorsuur, verf wat lood bevat, vloer- en skoenpolitoer, lyfpoeier, kryt- en baksteenpoeier en nikkel.

Luidens die verslag verteenwoordig medisyne 10% van die items waarop die owerhede in die Europese Unie in 2009 beslag gelê het.

Vals medisyne beland ook in die wettige verspreidingsketting.

Dit het die afgelope drie jaar daartoe gelei dat nege produkte in Brittanje onttrek is nadat vals middels apteke en pasiënte bereik het.

Nog vyf produkte is onttrek nadat dit by groothandelaars ontdek is.

In ’n Britse studie van 96 webtuistes wat pynmedikasie verkoop, is bevind 48% verkoop middels wat mense net op voorskrif mag kry.

Driekwart van dié 48% het dit sonder voorskrifte verkoop.

In ’n studie in die VSA is bevind 85% van 159 webtuistes wat voorskrifmedisyne verkoop, het nie voorskrifte vereis nie.

“Hulle vervaardig medisyne sonder om die gesondheidsgevolge in ag te neem.

“Daar was ook verslae van ondergewig minderjariges wat verslankingsmiddels kon koop, ondanks die gesondheidsgevare wat dit inhou.”– EurekAlert!

“Ons het ’n verslag gesien van ’n 13-jarige wat die stimulant Ritalin (teen aandagafleibaarheid) oor die internet gekoop het.

“Daar was ook verslae van ondergewig minderjariges wat verslankingsmiddels kon koop en mans wat middels teen erektiele probleme kon kry, ondanks die feit dat daar aanduidings was dat dit gesondheidsgevare vir hulle kon inhou.”

Jackson meen dokters moet proaktief wees en sulke voorvalle by medisyne-owerhede aanmeld. – EurekAlert!

  • 21% van 14000 mense wat aan ’n studie in 14 Europese lande deelgeneem het, het al voorskrifmedisyne sonder voorskrifte gekoop. In Brittanje was dit 12%.
  • In ’n Europese studie is bevind 9% van Europeërs het al voorskrifmedisyne op die internet gekoop, al het 69% van hulle geweet dit is gevaarlik. Altesaam 46% van hulle het gemeen dit is goedkoper en 30% het gemeen dit is gerieflik.
  • ’n Mediese publikasie in Brittanje het berig 33% van 423 dokters wat aan ’n opname deelgeneem het, het vermoed hulle het al mense weens die newe-effekte van substandaard-internetmedisyne behandel.
  • ’n Studie deur die European Al­liance for Access to Safe Medicines het getoon 62% van medisyne wat op die internet gekoop is, was vervals of substandaard. Daarvan was 68% onwettige namaaksels. Altesaam 90% van die webtuistes het nie voorskrifte vereis nie.
  • Vyf Tamiflu-entstowwe (teen varkgriep) wat deur die Amerikaanse kos-en-medisyne-owerheid getoets is, het geen aktiewe bestanddeel bevat nie en nog vier het verskillende vlakke bevat wat nie in die VSA goedgekeur is nie.
  • Pfizer se ontleding e van 2383 Viagra-produkte waarop owerhede beslag gelê het, het getoon net 14% was die ware jakob.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.