Vakbonde wil regering kaalvuis pak oor beleid

2010-02-19 04:44

Johannesburg

Vakbonde het gister met ’n massastaking gedreig weens die begroting van mnr. Pravin Gordhan, minister van finansies.

Mnr. Irvin Jim, hoofsekretaris van die metaalwerkersunie Numsa, asook mnr. Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, dreig albei met ’n staking voor Oktober.

“Ons gaan die houe nie meer terughou nie. Die handskoene is af en die wittebrood is verby,” het Vavi gedreig.

Volgens Cosatu het die ANC-regering “eensydige gewoontes” en ignoreer hy besluite rondom die ekonomie waaroor Cosatu, die ANC en die SAKP reeds in Oktober verlede jaar op die alliansie-beraad ooreengekom het.

Cosatu sê sy twee miljoen lede en dié van ander vakbondfederasies kan voor Oktober met ’n landwye staking teen werkloosheid en makro-ekonomiese beleid begin.

“Moet ons wag vir die minister om sy mening eers volgende jaar te verander?

“Nee, ons kan nie,” het Vavi gesê.

Volgens hom staan die werklike werkloosheidsyfer op 32% en sal die vakverbond die regering op sy tone en verantwoordbaar hou. Samesprekings met alliansievennote en die regering is nie die enigste oplossing nie.

“Dit blyk as ons vreedsaam (oor ekonomiese beleid) gesels, kies mense wat hulle wil toepas. Dié gesels onder here werk nie.”

Cosatu is bitter teleurgesteld oor Gordhan se aankondiging dat die Reserwebank se inflasieteikens steeds tussen 3% en 6% is.

“Die minister weet daar is nie konsensus oor inflasieteikens nie,” het Vavi gesê.

Hy meen Gordhan is deur amptenare beïnvloed wat reeds in die Mbeki-regering gedien het en die neo-liberalistiese beleid voortsit.

“Regeringsprosesse wag nie vir ons nie en die minister is aan die galop.”

Vavi het egter erken die alliansie se taakspan vir makro-ekonomiese beleid het nog nie vergader sedert daar verlede jaar besluit is om dit tot stand te bring nie.

“Die minister is gelos om self te besluit wat goed en sleg is.”

Vavi is ook krities omdat die ANC volgens hom gewankel het deur nie te verseker dat die Reserwebank se mandaat vergroot en inflasieteikens hersien word nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Obe sê... My kind het by 'n Afrikaanse skool Graad R gedoen, wat ek daar beleef het, het my genoop om my kind liewer na 'n engelse skool te stuur. Die kinders leer wragtag om alles uit 'n 'Afrikaner' kuturele bril te kyk. Sy is nou suiwer besig met skoolwerk waar respek vir alle kulture aangeleer word. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bfn: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

MITSUBISHI

Pajero BK 3.8 GLS SWB 4x4 3-dr AT MY07
2007
R 219,990.00

KIA

K2700 Std Dsl MY04
2006
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.