VIDEO: Vroue stuit bouery by Chapmanspiek

2012-02-16 00:00

KAAPSTAD. – Twee vroue wat hulself aan steierwerk vasgeboei het, het gister konstruksiewerk aan die Chapmanspiek-tolplaza en -kantoorgebou tot stilstand gebring.

Sit neer jul gereedskap, dan sal ons ons protes staak, was hul boodskap aan die konstruksiemaatskappy Murray & Roberts en die Wes-Kaapse regering.

Konstruksie was aan die gang vir die twee pilare wat vir die tolplaza opgerig gaan word. Werkers sou gister sement gooi, maar die twee vroue het hul werk tot stilstand gebring.

“Ons praat nou al ’n ruk lank daaroor om tot hierdie optrede oor te gaan,” het me. Fiona Hinds van Simonstad gesê. Sy en me. Charlie Gorton van Houtbaai het hulself aan die steierwerk vasgeboei.

Volgens Hinds protesteer hulle ook ter ondersteuning van me. Bronwen Lankers-Byrne, wat al vir 12 dae op ’n eetstaking is uit protes teen die tolplaza.

“Al wat ons vra, is dat Murray & Roberts en die Wes-Kaap ’n stap terug neem en nie verder gaan met dié omstrede R54miljoen-plan nie,” het Hinds gesê.

Hulle stel ’n plan voor wat die regering net R2miljoen sal kos en wat die oprigting van sekerheidshekke sal behels.

Die vroue het regsadvies ingewin om seker te maak hul optrede is nie onwettig nie. Adv. Graham Taylor, wat ook op die terrein was, het gesê volgens sy kennis behoort die grond nie aan ’n private maatskappy nie.

“Dit is staatsgrond, wat beteken dit behoort aan die mense. Hulle het die reg om hier te protesteer.”

Die omgewingsaktivis Lewis Gordon Pugh het die vroue ondersteun.

Mnr. Hector Elliot, hoof van die Wes-Kaapse departement van vervoer, vergader vandag met die betrokke rolspelers . “Ons gaan na hul alternatiewe voorstel luister, maar kan niks belowe nie.”

Gorton het gisteraand by die huis geslaap en sou vanoggend vroeg weer terug wees. Hinds het vroegaand by die huis gaan stort en weer teruggegaan na die steierwerk. Nog twee mans en twee vroue het hulle vir die aand by Hinds aangesluit.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.