VIDEO: Polisie krap kop oor kitsbank-rooftogte

2012-02-08 00:00

KAAPSTAD. – Die polisie het gister sy kommer uitgespreek oor die nuwe tendens van kitsbank-rooftogte nadat nog twee kitsbanke opgeblaas is.

Rowers het gisteroggend vroeg met ’n onbekende bedrag geld gevlug nadat hulle twee Absa-kitsbanke in Goodwood opgeblaas het.

Volgens mnr. Albert de Jager, sentrumbestuurder van die Goodwood Mall, het ’n sekerheidswag vroegoggend drie mans in die parkeerterrein opgemerk.

“Drie mans het omstreeks 03:15 in ’n blou BMW hier opgedaag. ’n Wag het hulle genader, maar een outjie het ’n vuurwapen uitgepluk en hom weggejaag.

“Hulle is toe na die bank en later was daar ’n ontploffing. Hulle het met hul buit weggejaag,” het De Jager gesê.

Volgens die polisie is drie gewapende verdagtes met twee houers van die bank weg. Dit is onbekend hoeveel geld gesteel is.

Teen 11:30 gister was al die winkels in die sentrum oop, met slegs ’n paar mense wat die toneel opgeruim het.

Dit is die derde kitsbankrooftog in ’n week en die tweede in die Goodwood-gebied.

’n Kitsbank is verlede Dinsdag in Durbanweg in Bellville opgeblaas en nog een Vrydagoggend in Vasco Boulevard.

Volgens ’n polisiewoordvoerder, oa. November Filander, is dié nuwe tendens van rooftogte kommerwekkend.

Absa wou nie veel kommentaar lewer nie en het slegs gesê dat hulle bewus is van die voorval en dat dit ondersoek word.

De Jager het gesê daar is nie veel wat sekerheidswagte kan doen om sulke rooftogte te keer nie.

“Die mense wat hierdie misdade pleeg, is gewapen. Sekerheidswagte is nie en kan daarom nie misdadigers afskrik nie,” het De Jager gesê.

Die polisie is steeds op soek na die verdagtes.

’n Saak van kwaadwillige of opsetlike beskadiging van eiendom word ondersoek.

 

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.