VIDEO: ‘Moed het ons laat oorleef’

2012-02-03 00:00

KAAPSTAD. – Die twee Suid-Afrikaanse avonturiers wat pas ’n wedloop van honderde kilometers in die Suidpool voltooi het, is verheug om terug in hul geboorteland te wees.

Familie, sonskyn en braai, was Braam Malherbe van Kaapstad en Peter van Kets van Oos-Londen dit gister eens, is wat hulle die meeste gemis het.

Dié twee het op ’n nuuskonferensie gesê dit voel goed om weer die warm son op hul vel te voel en om terug in “die beskawing” te wees.

Malherbe en Van Kets het op 3 Januarie met sewe ander spanne aan die Race to the South ­Pole-wedloop begin deelneem en het Saterdag – 768 km en 25 dae later – die eindpunt bereik.

“Die Suidpool is heeltemal iets nuuts vir ons en ons het albei saamgestem dat die moeilikste ding is wat ons nog ooit gedoen het... en ons hét al groot uitdagings aangepak.

“Dit was gevaarlik, want die oomblik wanneer jy stop, kan jy vries – en hoewel die son skyn, was die temperatuur sowat -40°C,” het Van Kets gesê.

Sy spanmaat het dit beaam.

“Die moeilikste ding was om gewoond te raak aan die daaglikse pyn. As ons vir langer as 15 minute gestop het, kon jy nie jou vingers of tone voel nie. Dit was ’n stryd teen tyd,” het Malherbe gesê.

Elkeen het sowat 12kg verloor.

“Die wedloop toets eintlik jou deursettingsvermoë. Een van die Britse spanlede het sy arm gebreek en moes nog sowat 300 km stap. Dit is uiteindelik moed wat jou laat oorleef,” het Van Kets bygevoeg.

In die tydperk van byna ’n maand in die Suidpool het die span so min as moontlik aan luukshede, soos hamburgers, gedink. Hulle het eerder op positiewe denke gekonsentreer.

“Ons was geseënd. Daar was baie kere dat ons byna aan die resies moes onttrek,” het Malherbe verduidelik.

Die voorbereiding twee maande voor die tyd in Ysland en die Franse Alpe kon hulle ook nie 100% daarop voorberei nie.

“Ons sou nooit teen die Noorse span kon wen nie. Hulle is gewoond aan sneeu en ons moes aanpas,” aldus Van Kets.

’n Foto van sy meisie en troeteldiere met ’n boodskappie daarop het Malherbe aan die gang gehou, terwyl warm sjokolade Van Kets se troos was.

Team Mission Impossible, soos die Suid-Afrikaanse span bekend gestaan het, se reis is aanvanklik twee keer uitgestel weens stormsterk winde van tot 150 km/h op Antarktika.

Hulle het saam met die Britse span, Team British Green, derde geëindig. Die span van Noorweë was eerste en Wallis tweede.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.