VIDEO: Hond leer loop danksy akupunktuur

2011-11-10 00:00

Kaapstad

Die basterhond Warrior, wat lewend begrawe is, leer weer loop – met die hulp van akupunktuur.

Die storie van die uitgeteerde brakkie het diereliefhebbers aangegryp nadat daar berig is hoe sy op 20 Oktober lewend deur twee skoonmakers van ’n skool in Khayelitsha begrawe is, maar oorleef het.

Die Burger het berig hoe die Mdzananda-kliniek in Khayelit­sha gekontak is nadat twee mans by die Sekondêre Skool Luhlaza gewaar is waar hulle besig was om Warrior in ’n vlak graf toe te spit.

Sy is net betyds gered en na die dierekliniek geneem.

’n Ondersoek na dié voorval deur die Wes-Kaapse departement van onderwys het daartoe gelei dat mnr. Manono Makaphela (skoolhoof) en mnr. Mkhumbuzi Mcedana (skoonmaker) vandag van wangedrag aangekla sal word.

Die skool se beheerliggaam is ook versoek om die tweede skoonmaker wat by die voorval betrokke was, aan te kla. Makaphela en Mcedana sal op 18 November ’n voorverhoor moet bywoon.

Warrior se rug is in die voorval op twee plekke erg beseer en haar agterlyf is gedeeltelik verlam.

Onder die wakende oog van ’n veearts, dr. Barry Hindmarch, en sy akupunktuur-naalde het Warrior gister haar derde behandeling ontvang. “Ons sien klaar ’n verbetering in haar ruggraat-reflekse en regtervoet,” aldus Hindmarch.

Hy gebruik al twintig jaar lank akupunktuur-naalde en alternatiewe medisyne om honde soos Warrior te genees.

“Ons gebruik akupunktuur om die senuweepulse te stimuleer en so spiermassa te verbeter.”

Die arts het bygevoeg dis onmoontlik om te sê of Warrior ooit volkome sal genees. “Maar een ding is seker, sy is ’n ongelooflike vegter.”

Intussen stap die personeel van die Mdzananda-kliniek elke dag met haar in ’n spesiale harnas sodat sy oefening kan kry.




- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

petrocornelia sê... Ja Jean-Pierre, jy is seker net so vlekloos, maak jy nooit n fout nie? Mens bly mens en reageer op dit wat ons hoor. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 16-24°C Mostly sunny. Mild. Pta: 18-31°C Afternoon clouds. Warm.
Jhb: 15-27°C Morning clouds. Mild. Bloem: 13-27°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 19-23°C More sun than clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Floor Manager

Roodepoort, South Africa
Gemini Recruitment
R8000 - R9000

Senior Copywriter

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Receptionist

Richards Bay, South Africa
Hutech International Group
R5000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 179,995.00

FORD

Fiesta 1.6i Trend 3-dr
2004
R 89,995.00

TOYOTA

Landcruiser Prado 4.0 VX 4x4 AT MY04
2009
R 429,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
  • top-profiel

    tmaiin
    Ouderdom: 21
    Geslag: Female
    Plek: Gauteng - Johannesburg
  • top-gebeurtenis

    Watershed
    Wanneer: 25 Feb 2012 - 25 Feb 2012
  • top-galery

    Sasha
    Wanneer: 30 Dec 2012
    Aantal fotos: 11
  • top-video

    JLS - Do You Feel What I Feel
    Gekyk: 2426
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.