VIDEO: Groot avontuur wink vir tiener

2012-01-13 00:00

KAAPSTAD

’n Tiener van die Moederstad gaan dalk saam met die bekende avonturier en ontdekkingsreisiger Mike Horn op ’n ekspedisie gaan.

Louise Louw(15), ’n gr.11-leerder van Vredehoek in Kaapstad en leerder aan die Hoërskool Jan van Riebeeck, vertrek op 29Januarie na Château d’Oex, Switserland, vir die Jong Avonturier-kamp wat deur Horn gestig is.

Van die 18jong mense wat die kamp bywoon, sal ses tot tien gekies word om saam met Horn na die Amasone te reis.

“Ek is baie opgewonde oor die kamp. Ek sien veral uit na al die sneeu. Wie anders in Suid-Afrika sal sneeu in Februarie sien?” het Louw gesê.

Sy is een van ’n groep jong mense van reg oor die wêreld wat vir tiendae tussen die sneeu en gletsers sal stap, rotse sal klim en verskeie groen bewusmakingsprojekte sal aanpak.

“My broer was twee jaar gelede ook op die kamp. Ek het nou ’n goeie idee wat om te verwag,” het sy gesê.

Sy is ’n groot natuurliefhebber en opgeleide menseredder.

Louw draf daagliks 5km en swem 3km as deel van haar voorbereiding vir die kamp.

“Die instrukteurs van die kamp wil sien dat jy sport beoefen. Jy moet ’n liefde vir die natuur en vir mense hê en jy moet bereid wees om te leer.”

Horn sal nie self die avontuurkamp bywoon nie, aangesien hy tans met sy eie ontdekkingsreis besig is.

Volgens Louise se ma, me. Annetjie Louw, is sý die een wat vir termiese sokkies en stapskoene moes rondry.

“Dit is ’n ongelooflike ondervinding en ek is baie bly vir haar, veral omdat die keuring so streng is,” het sy bygevoeg.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.