‘Aardverwarming’ rede vir hittegolf

2012-02-07 00:00

KAAPSTAD. – Die hittegolwe en uitermatige storms wat die Wes-Kaap die laaste tyd teister, is waaroor aardverwarming gaan – al hoe meer uitermatige weersomstandighede met hoër maksimum-temperature.

En dié mense wat gisteroggend se geklap van donderweer en blitse in die Skiereiland ná ’n naweek van hitte ervaar het, sal kan saampraat.

Dié klein donderstorm se meegaande weerlig het veral oor hoogliggende gebiede, soos Leeukop, Vlaeberg en Tafelberg, geflits.

Die storm het omstreeks 06:50 van Kampsbaai af oor Kloofnek getrek en die weerlig het motor­alarms laat afgaan. Die storm was die gevolg van warm toestande en ’n laagdrukstelsel wat uit die Weste oor die see beweeg het. Die weerlig het ’n harde bui reën voorafgegaan.

Later gister het die temperature in Kaapstad tot 34°C gestyg en op Robertson het dit teen 14:00 reeds 42°C bereik.

Dié tweede hittegolf wat die Wes-Kaap binne drie weke getref het, is ’n aanduiding dat temperature aan die styg is, volgens dr. Peter Johnston, navorser by die Universiteit van Kaapstad (UK) en deel van die Climate Systems Analysis Group (CSAG) by dié universiteit.

Volgens Johnston strook temperature, soos Sondag se 38,1°C in die stadskom, met die projeksies van hoër temperature wat voorlê. “Dit is presies waaroor aardverwarming gaan.”

Die CSAG voorspel dat somertemperature in Suid-Afrika teen 2050 tussen 2°C aan die kusgebied en 3°C in die binneland gaan styg. “Mense kan al hoe meer uitermatige weer verwag met verhoogde gemiddelde temperature én hoër maksimum-temperature,” het hy gesê.

Die jongste hittegolf raak veral uitvoerders in die sagtevrugtebedryf.

“Dit is baie meer uitdagend vir boere om by hul skedules te hou,” het mnr. Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, gesê.

“Die warm weer laat die vrugte vreeslik vinnig ryp word. Die oes en verkoeling van die vrugte moet dan baie vinniger gebeur.”

Volgens Opperman raak die hittegolf boere dwarsoor die Wes-Kaap. “Mense van Oudtshoorn, De Doorns tot in die Paarl voel die hitte. Ná die vrugte gepluk is, is dit van kritieke belang dat dit so gou as moontlik verkoel word.

“Boere se bedryfskoste is beslis hoër in die warm maande, omdat meer elektrisiteit en water vir verkoeling gebruik moet word,” het Opperman gesê.

Volgens mnr. Rian Smit, weervoorspeller van die Kaapse weerkantoor, sal dit vandag koeler wees.

Ná 'n bloedige warm naweek het Kapenaars Maandagoggend in die middel van 'n donderstorm wakkergeskrik. Le Roux Schoeman het dié dramatiese beeldmateriaal opgeneem.



- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.