Terre’Blanche was plaasmoord nr. 3368

2010-04-05 23:56

Kaapstad

Die moord op die AWB-leier, mnr. Eugène Terre’Blanche, het die getal moorde op boere én plaaswerkers sedert 1994 op altesaam 3 368 te staan gebring.

“Dit is meer as enige oorlog op die aangesig van hierdie aarde.”

Só het dr. Theo de Jager, visepresident van Agri SA, gister gesê gedurende ’n debat oor voedselsekerheid op die KKNK wat in Oudtshoorn plaasvind.

Hy en me. Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, asook mnr. Ismail Motala, van die Unie vir Suid-Afrikaanse Landbou, en ’n boer van Wolseley, het voedselsekerheid en hervormingskwessies in die landboubedryf gedebatteer.

“As gesinne saans om die etenstafel gaan sit, vra die vroue gewoonlik of dit nog die moeite werd is om aan te hou boer en of dit nie tyd geword het om dorp toe te trek nie,” het De Jager gesê met verwysing na boere se vrees om op hul plase aangeval te word.

De Jager het ook sterk reaksie van sy twee gespreksgenote ontlok toe hy gesê het dit neem ’n geslag om ’n goeie boer te word.

“Dit gebeur nie eensklaps nie. ’n Mens leer boer by jou oupa en jou pa.”

Motala het De Jager se stelling egter gekritiseer en gesê boerdery is ’n sakeonderneming en hy boer maar vir die afgelope sewe jaar.

Joemat-Pettersson het in haar repliek aan die einde van die debat gesê dit is wel so dat baie wit boere oor ’n tydperk van drie geslagte leer boer het en dat dit nie onmiddellik gedoen kan word nie.

“Maar die wit mense het ook gesê swartes kan nie die land regeer nie en ons doen dit al vir die afgelope 16 jaar en ons doen dit steeds – al is dit miskien nie soos u daarvan hou nie,” het Joemat-Pettersson gesê.

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Isabel sê... Die waarheid maak seer, ne ou Stortkop. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction 3-dr
2004
R 165,000.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+ 5-dr
2006
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.