Tender-soustrein kan ontspoor

2009-11-09 01:38

Kaapstad

Die parlement gaan die Staatsdienskommissie (SDK) en die departement vir die staatsdiens en administrasie (DPSA) vra om wetgewing voor te berei om die staatsdiens se tender-soustrein tot stilstand te bring.

Dit volg op ’n ondersoek deur die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) ná ’n verslag deur die ouditeur-generaal (OG) waarin bevind is meer as 2 300 amptenare het uit staatskontrakte ter waarde van nagenoeg R615 miljoen voordeel getrek.

Dié verslag dek die boekjaar 2006-’07 en het daartoe gelei dat Skoor vroeër openbare verhore met nege staatsdepartemente gehou het oor ’n rits ongerymdhede in die toeken van tenders aan maatskappye wat bande met amptenare het.

Tans bestaan daar geen wetgewing, reëls of regulasies wat staatsamptenare verhoed om vir staatskontrakte te tender nie, mits hulle vroegtydig hul belange verklaar, niks doen om die tenderproses te beïnvloed en dit nie met hul werk inmeng nie.

Skoor se aanbeveling volg op ’n soortgelyke versoek wat die voorsitter van die verdedigingskomitee aan die minister van verdediging gerig het ná onthullings oor die oënskynlike betrokkenheid van weermaghoës by die toeken van tenders.

Die komitee wil verder hê die SDK en die DPSA moet wetgewing aanpas om te verhoed dat staatsamptenare vergoeding verdien buite hul pligte teenoor die staatsdiens.

Tans is daar honderde staatsamptenare wat elders vergoeding verdien sonder dat hul toestemming gevra of hul belange verklaar het.

“Die nasionale en provinsiale rekenpligtige amptenare moet toesien dat geld wat dié werknemers op bedrieglike wyse (met die toeken van tenders) gekry het, herwin word,” lui Skoor se verslag. Skoor wil ook hê daar moet tugstappe gedoen word teen 30 amptenare wie se maatskappye tussen hulle staatskontrakte van meer as R30,6 miljoen losgeslaan het.

Dié amptenare het nie hul belange verklaar nie.

Skoor het ook met die OG akkoord gegaan oor maatskappye wat nalaat om te sê indien van húl werknemers óók staatsamptenare is.

Die tesourie gaan derhalwe gevra word om wetgewing aan te pas wat maatskappye wat tender, dwing om te verklaar of daar enige verbintenis – van watter aard ook al – met staatsamptenare is.

Agt staatsdepartemente – insluitend kommunikasie, landbou, onderwys en korrektiewe dienste – moet binne 60 dae ook verslag doen oor die stappe wat gedoen is om korrupte amptenare vas te vat.

- Die Burger

binne die burger

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 10-28°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-22°C More sun than clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Leverage Finance, Mergers & Acquisitions Specialist

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R450,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Service Level Manager

Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Construction Manager

Gauteng - Midrand
Master Career Consulting

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.4 TSi 90kW Comfortline MY10
2010
R 239,499.00

MAZDA

Drifter 2.5 TD SLX Dsl PU
2007
R 142,995.00

BMW

318ti Compact 3-dr
2003
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...