Teëspoed vir US-projek

2012-02-24 00:00

ANTARKTIKA. – Die Maties se projek om groen krag in Antarktika te installeer, het die wind van voor gekry.

Drie lede van die projekspan het met die hulp van die oornamespan een van drie van hul windkragtorings opgerig.

Dit het omtrent twee weke lank krag aan die basis gelewer voordat ’n kwaai windstorm dit getref het.

“Die wind het gemiddeld 130km/h gewaai en daar was rukwinde van tot 160km/h,” het mnr. Will Esterhuyse, die projekspanleier, verduidelik.

“Die boute waarmee die lemme aan die struktuur vasgemaak is, het weens die vibrasies losgewikkel. Die lemme het losgekom en die neus het afgeval en weggewaai.”

Die lemme is beskadig en is om veiligheidsredes afgehaal. Hulle gaan op Stellenbosch herstel en teruggeneem word na Antarktika, het mnr. Ulwin Hoffmann gesê. Hy is besig met sy meestersgraad in ingenieurswese en het die beheerstelsel vir die turbine ontwikkel.

’n Ander spanlid, mnr. Fred Fourie, het die neus sowat twee weke ná die windstorm ongeveer 10km van die basis af opgetel.

Die projekspan sal deur die loop van die jaar kinkels uitstryk en die stelsel weer einde vanjaar aan die gang kry wanneer hulle na Antarktika terugkeer.

Wanneer die stelsel volledig in werking is, sal dit 45kW genereer. Die basis gebruik gemiddeld 60kW.

“Die doel is om fossielbrandstofverbruik by die basis te verminder, nie om dit te vervang nie,” het Hoffmann verduidelik.

“Indien die diesel-kragopwekkers vervang word, sal daar byvoorbeeld ander hittebronne nodig wees om die basis te verhit.”

Daarom is dit nou beter om die stelsel kleiner te hou, anders sal die basis herontwerp moet word om by die stelsel aan te pas.

Diesel is volgens hom nie omgewingsvriendelik of energiedoeltreffend nie, en dit is duur. Wind is gratis, energiedoeltreffend en in oorvloed in Antarktika beskikbaar, al is dit soms te sterk.

’n Windkragstelsel wat in Antarktika werk, sal enige plek ter wêreld werk, het Esterhuysen bygevoeg.

Studente en personeel van die Universiteit Stellenbosch se fakulteit ingenieurswese werk al sedert 2001 om ’n windkragstelsel by Sanae IV, Suid-Afrika se basis in Antarktika, te installeer.

Die jongste ontwikkeling het in 2007 begin.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.