Taaldebat vlam weer op met groep se mosie teen US-bestuur

2011-11-06 22:47

Stellenbosch - Die Maties-taaldebat het weer opgevlam toe ’n groep huidige en oud-Maties kennis gegee het dat hulle ’n mosie van wantroue in die universiteitsbestuur gaan instel.

Dié mosie sal Donderdag op die algemene jaarvergadering van die konvokasie van die Universiteit Stellenbosch (US) bespreek word.

Dit handel oor die US-bestuur se hantering van Afrikaans, het mnr. Ernst Marais (26), doktorale regstudent, gesê.

“Ek het die mosie Vrydag by mnr. Johan Aspeling, die registrateur van die universiteit, ingedien. Dit is ondersteun deur handtekeninge van om en by 30 huidige asook oud-Maties. Almal is jongmense. Die mosie is nou aangebring op die agenda van die konvokasievergadering wat Donderdagaand gehou word.”

Sy sekondant is adv. Jacques du Preez (30), ’n oud-Matie.

Prof. Pieter Kapp, voorsitter van die Konvokasie, het gesê die hele storie is vir hom “?’n totale verrassing”.

Marais het hul mosie só gemotiveer: “Daar is ’n daadwerklike behoefte en ’n aanvraag onder hedendaagse jong Afrikaanssprekendes om universiteitsopleiding in hul moedertaal te ontvang. Dit is wetenskaplik bewys dat kennisverwerwing die beste in mense se moedertaal geskied.

“Dubbelmedium (die sogenaamde ‘T-opsie’) misluk in hierdie opsig omdat dit nie behoorlik gemoniteer word nie en dit tot die verengelsing van die US lei.”

Prof. Hermann Gilliomee wat bekend daarvoor is dat hy die vorige taaldebat sterk gedryf het, wou nie veel verdere kommentaar lewer nie. Hy het wel gesê: “Ek is bly daaroor dat jonger mense nou die saak weer opneem. Uiteraard ondersteun ek die inisiatief.”

Prof. Kapp het gesê: “?’n Mosie moet ingedien word. Ons het die mosie Vrydag (betyds, voor die voorgeskrewe 72 uur vóór die algemene jaarvergadering) ontvang en het wel gekontroleer of almal bona fide lede van die konvokasie is. Die uitvoerende komitee vergader eers Woensdag en daar mag moontlik prosedurekwessies geopper word.”

Mnr. Mohamed Shaikh, universiteitswoordvoerder, het gesê: “Die mosie is volgens alle aanduidings gegrond op foutiewe aannames. Buitendien hou die US-raad toesig oor die implementering van die taalbeleid en besluite is deurlopend gemik op die bevordering van Afrikaans as akademiese taal in ’n meertalige konteks.

“Beteken so ’n mosie dat lede van die konvokasie die integriteit van die US-raad betwyfel wanneer dit by Afrikaans as onderrigtaal kom?”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.