'Sy't aanvaller geken" sê pa van vermoorde dogter

2010-03-15 10:07

Hy glo sy dogter het haar moordenaar geken en hom op Facebook ontmoet, sê die pa van Anika Smit (17), wie se hande deur haar moordenaar afgesny is.

Mnr. Johan Smit het Woensdagmiddag op Anika se lyk in haar slaapkamer in hul huis in Theresapark, in die noorde van Pretoria, afgekom. Die blonde tienermeisie het kaal op die grond gelê. Sy is vermoedelik verkrag.

Smit het gesê sy honde was Woensdagmiddag agter in die erf toegemaak toe hy by die huis kom. Dít sê vir hom sy dogter het die honde toegemaak om haar aanvaller te laat inkom. Sy sou net die honde toegemaak het as dit iemand was wat die honde nie geken het nie.

“Ek het ’n vermoede dit is iemand wat sy op Facebook ontmoet het wat die hartseer veroorsaak het. Ouers moet meer doen om hul kinders te beskerm. Dit is nie altyd maklik nie,” het hy gesê.

Een van die leidrade wat die polisie ondersoek is ’n vreemde inskrywing oor die afkap van hande wat twee weke voor die moord deur ’n vriend van Anika op sy Facebook-muur gemaak is.

Mnr. André Snyman van die misdaadwaghond eBlockwatch het gister in ’n verklaring gesê sy span wat die saak ondersoek, “vind dit vreemd dat ’n vriend praat van hande afkap twee weke voordat sy vermoor is”.

By die inskrywing is ’n skakel na dié vriend se Facebook-profiel. Hy is ’n vriend van Anika op Facebook.

Hy het op 24 Februarie om 17:46 via sy selfoon ’n inskrywing gemaak wat lui: “If a man stabs you in the back, you cut his f*****g hands off!” met sy naam daarby.

Toe Beeld die vriend gisteraand opspoor, kon hy eers nie onthou wie Anika was nie, maar hy het later in die gesprek tog onthou wie sy is.

“Anika, sy was ’n jong meisie. Wanneer het dit gebeur?” het hy gevra terwyl hy bestuur het.

Op die vraag wat hy met sy Facebook-inskrywing bedoel het, het hy geantwoord: “Luister, my maat. Nou luister jy f****n mooi vir my. As jy met my wil praat. Ek is vanaand besig... Ek kan nie dit nou hanteer nie. Ek sal jou bel, ek sal praat... Ek gaan nie nou iets sê wat my saak verder in die moeilikheid sal kry nie.
“Luister hier, ek het ’n baie belangrike aand vanaand en jy is besig om my baie om te krap.
“Gee my môre ’n lui, kry jou feite agtermekaar en moenie iets in Beeld sit nie... Ek weet niks hiervan nie, niks. Orraait. Baai,” het hy gesê voordat hy die oproep beëindig het.

Konst. William Mahlaole, polisiewoordvoerder, het gister bevestig die polisie is bewus van die inskrywing en ondersoek dit.

Mahlaole het gesê die polisie het ’n spesiale taakspan saamgestel om Anika se dood te ondersoek. Die moontlikheid dat sy haar moordenaar(s) geken het, word nie uitgesluit nie.

Maar die polisie volg alle moontlike leidrade op om haar moordenaar(s) vas te trek.

Mahlaole het gesê dat satanisme ook nie by die polisie se ondersoek uitgesluit is nie.

Volgens Smit was sy dogter nie by satanisme betrokke nie.

Smit kon gister nie die trane keer nie toe Solidariteit se Helpende Hand-fonds vir hom blomme gebring het.

Hulle het die blomme eers voor die Hoërskool Gerrit Maritz, waar Anika ’n gr.11-leerling was, gelê.

“Ek het nie woorde nie. Mense se ondersteuning is ongelooflik. Ek het nog nooit so iets gesien nie,” het Smit gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Obe sê... My kind het by 'n Afrikaanse skool Graad R gedoen, wat ek daar beleef het, het my genoop om my kind liewer na 'n engelse skool te stuur. Die kinders leer wragtag om alles uit 'n 'Afrikaner' kuturele bril te kyk. Sy is nou suiwer besig met skoolwerk waar respek vir alle kulture aangeleer word. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

MITSUBISHI

Pajero BK 3.8 GLS SWB 4x4 3-dr AT MY07
2007
R 219,990.00

KIA

K2700 Std Dsl MY04
2006
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.