Stigter van King-groep kry wind van voor

2009-08-21 00:20

Kaapstad - Mnr. Adrian King, stigter van die King-groep van Wellington, het nie ’n sent se bates op sy naam nie, hoewel hy klaarblyklik ’n basiese inkomste van R160 000 per maand verdien het.

Dít blyk uit ’n sekwestrasie-aansoek teen King wat gister in die Wes-Kaapse hooggeregshof toegestaan is. Die aansoek is gebring deur ’n boer van Citrusdal wat vra dat die finansiële posisie van King ondersoek word ten einde sy bates op te spoor.

Die boer, mnr. Gerrit Kotzé, het in sy hofstukke aangevoer King het geen bates op sy naam nie ondanks sy direkte betrokkenheid by die King-beleggingskema waarmee beleggings van meer as R670 miljoen ingevorder is.

Luidens Kotzé se hofstukke blyk dit uit ’n akte-ondersoek wat op 21 Julie vanjaar gedoen is.

“Teen November 2008 het die optrede van King en sy makelaars aan my voorgekom as die bedryf van ’n bedrieglike en onwettige piramide-beleggingskema.”

Kotzé en sy vrou, Hermine, ’n musiekonderwyser, se aansoek dat King gesekwestreer word, is deur regter Dennis van Reenen toegestaan.

Die aansoek het gekom nadat King op 2 Julie vanjaar aangedui het dat hy nie sowat R2,5 miljoen aan Kotzé sou kon terugbetaal nie.

Kotzé het in sy beëdigde verklaring beskryf hoe hy vergeefs probeer het om ’n antwoord uit King te kry oor die skuld. Hy beweer verder dat ’n makelaar van King Holdings, me. Alida Nel, op 17 Julie steeds volgehou het dat King se sakebelange alles in orde is.

Die nadraai van Kotzé se beleggingstransaksies kom nadat hy geld geleen het teen ’n huis in Kleinmond en die egpaar se huis in Citrusdal – en dié geld, asook polisgeld en kontant by filiale van die King-groep belê het.

Hulle het op 5 Februarie 2007 altesaam R100 000 belê, op 24 Maart 2007 ’n verdere R600 000 en daarna op 9 Mei 2007 nog R1,3 miljoen in Edrei Investments 12 belê.

Kotzé het verder in sy verklaring genoem hoe hy en ander inwoners van Citrusdal King persoonlik besoek het en hoe King ’n “baie rooskleurige” prentjie aan hulle geskets het.

Hier is die nuwe idee met die beleggers bespreek waarvolgens hulle hul beleggings in aandele in King Holdings kon omskep.

Dié plan van King het nie vir Kotzé kommersieel sin gemaak nie en dit het vir hom gelyk na ’n bedrieglike skema. Boonop is sy naam deurlopend deur die Nel-makelaar as ’n beleggingsukses voorgehou, ’n kwessie wat Kotzé erg bekommerd gemaak het.

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Marianne sê... Ek 'n ex-Stellie en trots maar wonder of die vier skole regverdig teen mekaar deelneem? Hoe is dit dan dat Tygerberg nooit die mas kan opkom nie? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY02
2003
R 95,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.