Stelsel vir eiendom in stad sukkel nog

2012-02-04 03:00

KAAPSTAD. – Die Kaapse stadsraad se nuwe stelsel om ’n eenvormige databasis vir die 890000 eiendomme in die Moederstad in te stel, veroorsaak steeds probleme wanneer eiendomme na nuwe eienaars oorgedra word.

Die nuwe stelsel is einde November ingestel. Een van die administratiewe prosesse wat sedertdien verander het, is die stelsel om klaringsertifikate van eiendom vir belastingdoeleindes uit te reik.

Mnr. Ian Neilson, onderburgemeester van Kaapstad, het gesê die nuwe stelsel sal uiteindelik beteken dat aansoeke om klaringsertifikate doeltreffender hanteer sal word. Daar is egter onvoorsiene tegniese probleme met die oorgang na die nuwe stelsel by die munisipaliteit én met die elektroniese stelsels wat prokureurs gebruik om eiendomsoordragte te doen.

Neilson het gesê munisipale amptenare werk oortyd om die stelsel reg te kry en die agterstand in te haal wat sedert November ontstaan het.

“Ons het in Januarie goed gevorder en hanteer nou dieselfde aantal aansoeke as wat daagliks ontvang word. Dit is meer as 300 aansoeke daagliks.”

Die stadsraad het in Januarie vir 73% van die aansoeke betalingskedules uitgewerk waar die verkopers van eiendom eers hul munisipale belastings moes betaal alvorens finale klaringsertifikate uitgereik kan word. Daar is in Januarie 5142 aansoeke ingedien.

Neilson het gesê die stadsraad se standaard is om betalingskedules binne vyf dae uit te reik nadat ’n aansoek ingedien is. Verder is daar ’n teiken dat belastingklaringsertifikate binne tien werksdae uitgereik word nadat die nodige betalings ontvang en dokumentasie ingedien is.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.