Stellies se sangers bly bobaas

2012-02-04 03:00

KAAPSTAD. – Daar is gister van vroegoggend tot laatmiddag vinnig gehardloop, ver gegooi en gesing en geskree by die 18de MTBS-interskole-atletiekbyeenkoms in die Bellville-stadion.

Die hoërskole Stellenberg en D.F. Malan het vanjaar weer onderskeidelik met die sang- en atletiekbekers weggestap.

“Dis my eerste MTBS en almal was indrukwekkend. Bellville se liedjies en flashes het veral mooi by hul tema (Amazing Race) gepas,” het me. Alida Zandberg van Eversdal gister gesê.

Honderde ouers, talle nog in werksdrag, en ondersteuners het die rant oorkant die paviljoen vol gesit. Ander toeskouers het op die balkonne van nabygeleë geboue gestaan en kyk.

Die Hoërskool D.F. Malan het die krete begin met hul Spaanse fiësta. Daar was swaaiende heupe, vuurwerk en ’n bul wat hardloop.

Die Hoërskool Stellenberg se Under Construction-tema het gesorg vir stootskrapers, kruiwaens en gumboot-danse.

“Die kinders het baie hard geoefen en elke dag moeg huis toe gekom,” het me. Trudie Jordaan van Welgemoed gesê.

Volgens Jordaan was dinge in die huis maar gespanne voor gister. “Ek het ’n seun in D.F. en een in Tygerberg,” het sy vertel. Volgens haar man, George, het hulle beurte geneem om vir dié twee te skree.

“Ek het egter ’n klein bietjie harder vir die Tiere geskree, omdat dit my seun se laaste skooljaar is,” het sy bygevoeg.

Bekende liedjies soos dié van Pink Floyd en Ricky Martin het gister nuwe lewe gekry.

Die Hoërskool Tygerberg se Safari-Afrika-tema het ook gesorg vir allerhande bosgeluide, soos krieke wat kriek en apies wat skree.

Met die Hoërskool Bellville se Amazing Race-tema is ’n draai gemaak in Egipte, is Asië besoek vir ’n bietjie kung-fu-gevegskuns en is ’n gondelrit in Venesië meegemaak.

Wat die aksie op die baan betref, het D.F. Malan weer geseëvier. Morné Moolman (gr.12) het uitgeblink met ’n allemintige gooi van 69,88m in die spiesgooinommer. Anneline Gerstner, ook in matriek by D.F Malan, was die top-meisiesatleet nadat sy die diskus 38,58m ver gewerp het.

  • Nog berigte en foto’s in Maandag se Jip.


Kry hier al die aksie
’n Webruimte waar al die aksie van die MTBS-atletiekfees gesien kan word, is nou beskikbaar.
Gaan kyk na volledige videogrepe van al vier skole se krete, lees meer oor die byeenkoms, stem vir jou gunsteling-span en bespreek dit met jou vriende op Facebook.
KLIEK HIER om deel te neem.

Nog inligting is op ons gratis iPad-toepassing beskikbaar.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.