Staat ‘het sterk saak’ in ET-verhoor

2012-02-09 00:00

VENTERSDORP. – Uitwysings wat mnr. Eugène Terre’Blanche se minderjarige vermeende moordenaar ure ná die moord gedoen het, gaan nie as ’n bewysstuk in die verhoor toegelaat word nie.

Uitwysings wat sy medebeskuldigde, mnr. Chris Mahlangu (31), gedoen het, sal egter toegelaat word, het regter John Horn in die rondgaande hof hier gesê. Hy sal later redes gee vir dié beslissing in die binneverhoor oor die toelaatbaarheid van die uitwysings.

Adv. Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het gesê die minderjarige se uitwysings is maar een bewysstuk te midde van talle ander in die staat se baie sterk saak. “Die saak is nog nie verby nie.”

Mnr. Zola Majavu, die minderjarige se regsverteenwoordiger, het die beslissing as ’n oorwinning bestempel, maar gesê daar lê nog harde werk voor.

Die minderjarige was 16 toe hy en Mahlangu die AWB-leier na bewering op 3 April 2010 onverhoeds op sy plaas naby Ventersdorp oorval en met ’n panga en ysterpyp doodgeslaan het.

Die minderjarige se regspan het aangevoer sy regte is geskend deurdat bepalings in die Wet op die Beregting van Kinders nie nagekom is nie. Dit het ingesluit dat ’n proefbeampte hom nie binne 24uur ná sy inhegtenisneming geassesseer het nie en die ondersoekbeampte ’n onderhoud oor die misdaad met hom gevoer het sonder dat sy ma teenwoordig was. Sy klere is verwyder en hy het ure lank net ’n onderbroek gedra en ’n dun kombers om hom gehad, het die hof gehoor.

Adv. Kgomotso Tlouane, vir Mahlangu, het aangevoer sy ­kliënt se regte is gebrekkig aan hom voorgehou weens tolkprobleme en onakkurate verduidelikings. Die twee beskuldigdes is die nag ná die moord (voor die uitwysings) boonop wakker gehou, is aangevoer.

Die staat het teruggekap dat albei beskuldigdes se regte minstens drie keer in Tswana aan hulle verduidelik is en dat hulle gesê het hulle verstaan dit.

Die feit dat ’n proefbeampte die minderjarige nie binne die voorgeskrewe tyd geassesseer het nie, sou volgens die staat nie ’n verskil in die ondersoekproses en uitwysings gemaak het nie.

Die staat het verder beklemtoon dat die minderjarige van ’n uiters ernstige misdryf verdink word en dat sy regte nie met opset of kwade bedoelings geskend is nie.

Albei beskuldigdes het die uitwysings vrywillig gedoen en die gevolge, naamlik dat dit in die hof teen hulle gebruik kan word, deeglik besef, is getuig.

Die verhoor gaan vandag voort.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.