Sonpark kan Eskom-druk oor vier jaar help verlig

2012-02-08 00:00

UPINGTON. – Die konstruksie van die beoogde sonpark, substasies en 400kV-kraglyne hier sal eers teen Oktober 2016 voltooi wees. Dan sal die sonpark tot 1500MW krag aan die Eskom-netwerk kan lewer.

Só is die publiek en ander belanghebbendes op vergaderings van Kathu tot Kenhardt ingelig.

Die vergaderings vorm deel van Zitholele Consulting se omgewingsimpakstudie.

Die publiek is genooi om insae te lewer wat aan die einde van die jaar as deel van die studie aan die departement van omgewingsake gelewer sal word.

Mnr. André Joubert van Zitholele Consulting het gesê konstruksie van die kraglyne sal teen Oktober 2014 begin en teen Oktober 2016 voltooi wees.

Die sonpark self sal na verwagting ook in dié tyd voltooi wees. Die impakstudies van die sonpark is teruggehou omdat die sonpark van 400ha na 800ha vergroot moet word.

Een van die probleme wat deur die publiek geopper is, is die aankoop van grond deur onafhanklike kragleweransiers en die daaropvolgende kunsmatige styging in eiendomspryse.

Verskeie van dié kragleweransiers maak aansprake dat hul deel vorm van dié ontwikkeling.

Volgens die departement van energiesake het slegs Abengoa al omgewingsgoedkeuring gekry om met die konstruksie van ’n onafhanklike sonpark te begin.

Indien mense deur kragleweransiers genader word om grond aan hulle te verkoop, kan hulle op die departement van omgewingssake se webtuiste seker maak dié mense is amptelik goedgekeur.

Die krag van slegs die sonparke rondom Eskom se sonpark sal deur substasies op die Eskom-netwerk ingetrek kan word.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.