Simply Slim-kapsules moet vernietig word

2010-02-09 05:36

Johannesburg

Al die Simply Slim-kapsules wat aan die mark onttrek word, moet vernietig word.

Mnr. Lance Rothschild, mediawoordvoerder van Simply Slim, het gister gesê al die voorraad wat agente en die publiek aan Simply Slim se hoofkantoor in Brooklyn, Pretoria, terugstuur, sal waarskynlik ingevolge die vereistes van die Suid-Afrikaanse Medisynebeheerraad (MBR) verbrand word.

Dit is nog nie bekend of Simply Slim die agente of verbruikers sal terugbetaal vir die kapsules wat ingedien word nie.

Dié verslankingsmiddel word in opdrag van die MBR onttrek nadat die departement se inspektoraat wat medisynemisdaad ondersoek, beslag gelê het op Simply Slim wat positief getoets is vir die voorskrifverslankingsmiddel sibutramien.

Die newe-effekte van sibutramien sluit kardiovaskulêre simptome soos hartkloppings, hoë bloeddruk en asemnood in.

Maksimum dosisse van 15 mg per dag mag net onder dokterstoesig geneem word, maar laboratoriumtoetse het tot 27 mg sibutramien in sekere Simply Slim-kapsules gekry, al word die produk as 100% kruiemiddel bemark en is dit nie as medisyne by die MBR geregistreer nie.

Die MBR vereis dat die middel in sy huidige samestelling veiligheids- en doeltreffendheidstudies slaag en as medisyne geregistreer word voordat dit weer in die land verkoop mag word.

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Penelope sê... Dis tog iets wat mens by die huis leer? Of een of ander tyd deur jou skoolloopbaan in 'n wiskundeklas? Dis skokkend. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

MITSUBISHI

Pajero BK 3.8 GLS SWB 4x4 3-dr AT MY07
2007
R 219,990.00

KIA

K2700 Std Dsl MY04
2006
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.