Selebi ‘sal nie mediese parool kry onder nuwe paroolwet’

2012-02-24 00:00

PRETORIA. – Daar is geen geldige aansoek om mediese parool vir Jackie Selebi, voormalige polisiehoof, nie.

Clive Derby-Lewis het ook nog geen aansoek om mediese parool ingedien nie, maar wel een om gewone parool, het me. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van korrektiewe dienste, gister hier by die bekendstelling van die nuwe mediese paroolraad gesê.

Derby-Lewis (76) is tot lewenslange tronkstraf gevonnis weens die moord op mnr. Chris Hani, voormalige SAKP-leier. Hy het reeds 18 jaar tronkstraf uitgedien en probeer sedert 2007 parool kry.

Prostaatkanker is in Oktober 2010 by Derby-Lewis gediagnoseer. Hy is later daardie jaar ook vir gangreen in sy been en velkanker op sy slape behandel.

Mapisa-Nqakula het in Desember by die opening van die galg­kamermuseum in Pretoria gesê Derby-Lewis gaan nie vanjaar op parool vrygelaat word nie. Volgens haar het Derby-Lewis twee jaar gelede in ’n paroolaansoek gesê as hy uit die tronk kom, gaan hy eers rus en daarna alles oor die moord op Hani onthul.

Selebi (61) het chroniese nierversaking en is sedert 19 Desember in die Steve ­Biko-hospitaal behandel. Hy is op 14 Februarie na die hospitaaleenheid van die Pretoria-Sentraal-gevangenis oorgeplaas. Hy is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy aan korrupsie skuldig bevind is.

Mapisa-Nqakula het gesê daar was ’n beroep van ’n groep genaamd Vriende van Jackie Selebi vir sy vrylating op mediese parool, maar omdat dit onder die ou wetgewing val, is die aansoek nie geldig nie.

Die wysiging aan die paroolwetgewing, wat op 1 Maart in werking tree, maak daarvoor voorsiening dat die gevangene self, familie of vriende by die mediese paroolraad om mediese parool kan aansoek doen.

Ingevolge die ou wetgewing moes die dokter wat ’n gevangene behandel of die gevangene se fasiliteerder dié aansoek gebring het.

Mapisa-Nqakula het gesê niemand sal op mediese parool vrygelaat word as die mediese paroolraad dit nie goedgekeur het nie.

Daar is tans 268 mediese paroolaansoeke hangende. Volgens mnr. Tom Moyane, nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, is 77 aansoeke die afgelope vyf jaar goedgekeur. Die departement van korrektiewe dienste het in ’n verklaring gesê hy verwag die getal mediese paroolaansoeke sal verdubbel wanneer die wetgewing in werking tree.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.