SA’ners in Londen ruk op teen misdaad

2010-05-17 07:13

Christine van der Merwe, Die Burger

Londen - Met die geskal van vuvuzelas en krete van “No more crime!” het sowat 300 Suid-Afrikaners Saterdagoggend voor die ambassade op Trafalgar-plein teen misdaad in hul vaderland betoog.

Betogers het van so ver as Wallis en Skotland vir die optog gereis. Dit is egter voorafgegaan deur ’n erge gekibbel op die internet oor ’n regse geurtjie.

Die afgelope week was daar ’n getwis op Facebook, met ’n paar individue wat die organiseerders,  Ivan Cornelius en Harry Smithers, se motiewe bevraagteken het. Ene Khoi San meen hulle het mense om die bos gelei om te dink dis ’n optog teen misdaad, “terwyl hulle eintlik soveel mense moontlik wou kry om teen die uitwissing van wit Suid-Afrikaners te betoog”.

Volgens dié skrywer sou die optog die land “verder verdeel”, want dit sou ’n vals boodskap oor rasseverhoudinge verkondig. Die menseregte-aktivis mnr. Zackie Achmat het op Facebook gesê hy glo die optog is deur “rassiste en fasciste gereël, wat die pyn, vrees en woede van wit mense uitbuit”.

Na aanleiding van ’n artikel deur Gavin Silber, waarin hy beweer Smithers en Cornelius is lede van Facebook-groepe soos “Die Vierkleur”, “Die Ou Suid-Afrika” en “Ossewa-Brandwag”, wou Achmat onder meer van die organiseerders weet of hulle hulself openlik sal distansieer van alle rassiste, fasciste en sodanige groepe.

Sy vrae is nooit direk beantwoord nie, maar die organiseerders het herhaaldelik beklemtoon dat die optog ’n bewusmakingsveldtog en verteenwoordigend van alle Suid-Afrikaners sou wees.

Hulle het ook deurgaans versoek dat mense slegs die huidige Suid-Afrikaanse vlag saambring.

Die optog is met twee Suid-Afrikaanse vlae en ’n groot wit kruis met die woorde “Stop Farm Murders” deur die middestad gelei. Al die betogers het rooi T-hemde gedra en talle het wit kruise of plakkate met die name van misdaadslagoffers omhoog gehou. Hulle het Nkosi Sikelel’ iAfrika gesing en “Enough is enough” en “Ons is gatvol, lekker lekker gatvol” gedreunsing.

Vaughn Stoman het aan die skare asook verbygangers gesê: “Hoekom kyk julle sokker te midde van ’n bloedbad? Julle het tydens apartheid ’n gewete gehad. Waar is julle gewetens nou?”

Ná afloop van die byeenkoms het die betogers hul plakkate en kruise voor die ambassade gelos.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.