Rupert vra vir 'n "Silicon Valley" in die Kaap

2009-10-09 11:59

“Kom ons skep ’n belasting-neutrale finansiële en IT-sone in die Wes-Kaap.”

Dit is die oproep wat mnr. Johann Rupert, voorsitter van Remgro, gister by die bekendstelling van Silicon Cape gedoen het.

“Ek het reeds met hoë koppe in die ANC oor die moontlikheid gepraat en is bly me. Helen Zille, Wes-Kaapse premier, is ook vandag teenwoordig,” het Rupert gesê.

Hy en Zille het albei gewaarsku dat die oppergesag van die reg en veiligheid in die land gehandhaaf moet word om te sorg dat plaaslike intellektuele eiendom tot ekonomiese groei lei.

Volgens Rupert het Afrika se agterstand teenoor die res van die wêreld niks uit te waai met ras nie, maar met sosialistiese en semi-sosialistiese keuses wat gemaak is. Daarteenoor floreer lande wat private eiendom beskerm, entrepreneurskap verwelkom en waar demokrasie, vryheid van spraak en deursigtigheid in die regering heers.

Dr. Mamphela Ramphele, voorsitter van die Technology Innovation Agency (TIA), beskou Silicon Cape as die begin van grootskaalse innovasie. Sy wil die TIA inspan om ’n gunstige klimaat vir die IT-bedryf te skep deur onder meer regulatoriese hindernisse soos valutabeheer uit die weg te ruim.

Op ’n vraag uit die gehoor oor waarom die IT-bedryf steeds deur wit mans oorheers word en of IT-entrepreneurs uit voorheen benadeelde groepe nie voorkeur by waagkapitaalbeleggers moet geniet nie, het sy gesê swart ekonomiese bemagtiging (SEB) was ’n goeie beleid, maar dit kan veral jong swart mense se vermoë om globaal te dink, skaad.

Silicon Cape word aangedryf deur die Suid-Afrikaanse IT-entrepreneurs mnre. Vinny Lingham van Yola.com en Justin Stanford van 4Di Capital.

Die doelwit is om ’n gesamentlike handelsnaam vir die IT-bedryf in die stad en land te skep om geleenthede ten volle te ontgin.

“Kaapstad het dieselfde mensekomponent wat Silicon Valley so suksesvol gemaak het: rykes en geeks ,” het Lingham geskerts. Ook hy meen meriete en nie SEB nie moet die maatstaf wees.

“Waagkapitaliste soek ’n opbrengs op hul beleggings en ons moet verseker dat die IT-bedryf kommersiële vertroue inboesem. As ons nie die regte omgewing skep nie, gaan Suid-Afrika ’n netto uitvoerder van IT-talent bly,” sê Stanford.

Die geleentheid is deur sowat 500 belangstellendes bygewoon waarvan omtrent die helfte van buite Kaapstad was.

Dit het soveel plaaslike en buitelandse reaksie gelok dat “Silicon Cape” in ’n stadium die naasgewildste gonswoord op die globale sosiale netwerk Twitter

 

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

hjonker sê... Is hierdie 'n grap of wat? Liewe hel ons moet dit elke liewe Vrydag gedoen het. Moan soldate nou omdat hul hul basis moet skoon hou? Hul is gelukkig hul moes nie die paradegrond skoon vee nie... Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 134,994.00

VOLKSWAGEN

Kombi T5 LWB 1.9 TDi MPV Dsl
2005
R 219,950.00

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.