Rottweiler gaan van kant gemaak word

2012-02-01 15:33

 Die eienaar van die rottweiler wat die tweejarige Meeka Riley Lackay sowat drie weke gelede gebyt het, het gister gevra dat die hond “privaat van kant gemaak word”.

“Vandag, uit respek vir die familie en kind wat geraak is, het ek, saam met die res van D (die hond) se familie, besluit om hom privaat van kant te laat maak. Mag sy siel in vrede rus”, lui ’n verklaring wat mnr. James Lech, ’n sogenaamde hondefluisteraar van Kaapstad, gisteraand uitgereik het.

D het Meeka op 11 Januarie op Clifton se hoofstrand aangeval.

Die hond is deur lede van die Kaapstadse wetstoepassingsdienste van Lech weggeneem en in die sorg van die Goede Hoop-dierebeskermingsvereniging (DBV) in Grassy Park geplaas.

Sedertdien kon niemand aan Die Burger sê wat van die hond gaan word nie.

Mnr. Neil Arendse van die munisipale wetstoepassingsdepartement het gister gesê: “Die beampte wat oor die hond moet besluit, is met siekverlof. Die saak is van ’n sensitiewe aard en ons wag dus op hom om die besluit te neem.”

Volgens Arendse het die wetstoepassers besluit om twee weke te wag voordat ’n besluit oor die hond se toekoms geneem word. “Daar is ’n 70%-kans dat hy van kant gemaak sal word, maar ons kyk na ’n alternatief.”

Lech vra in die verklaring dat mense ook sy pyn verstaan. Hy noem dat die hond vir rehabilitasie na hom gekom het nadat hy deur ’n voorval in sy vormingsjare getraumatiseer is. “Ons hoop dat al die wonde van die tragiese voorval met tyd sal genees.”
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.