Rots val brandbestryder dood

2012-02-07 00:00

STELLENBOSCH. – ’n Vastevlerk-vliegtuig van Werk-met-Vuur – met slegs die vlieënier as insittende – het gister laatmiddag kort nadat dit opgestyg het by die Pearly Beach-vliegveld neergestort.

Mnr. Wessel Pienaar, die vlieënier, het die voorval oorleef en sterk tans in die private hospitaal op Hermanus aan, het mnr. Reinhard Geldenhuys, Overbergse rampbestuurshoof, gesê.

Pienaar het omstreeks 18:15 opgestyg om die laaste vrag water by ’n brand in die Kleinrivierberg naby Stanford te gaan uitgooi.

Dié brand wat verlede naweek uitgebreek het en daarna in bedwang gebring is, het Saterdag weer opnuut opgevlam.

Volgens Geldenhuys is die brand in bedwang en sou dit die laaste keer wees dat Pienaar moes opstyg om water te gooi.

Die vliegtuig was skaars in die lug toe dit neergestort het.

“Hy was seker so ’n kilometer van die vliegveld toe die vliegtuig skielik geval het. Die regtervlerk het in die grond vasgesteek en die vliegtuig het op die grond getol. Die vlieënier is dadelik met ’n Werk-met-Vuur-helikopter na die gebring. Ons (die Overberg-distriksmunisipaliteit) het ook ’n reddingshelikopter ontbied,” het Geldenhuys gesê.

  • ’n Brandbestryder met twee jong kinders het Sondagaand gesterf terwyl hy ’n brand in Moutonshoek bestry het.

Mnr. Callie Muller (34) se dood is met hartseer deur die Wes-Kaapse owerhede begroet.

Hy was ’n pelotonoffisier wat op Malmesbury gestasioneer was en is Sondag saam met sy span van vyf lede na die brand in die berge buite Redelinghuys, naby Piketberg, ontplooi.

Luidens ’n verklaring van mnr. Karel Willemse, woordvoerder van die Weskus-distriksmunisipaliteit, was Muller en sy span op pad terug na hul basis aan die voet van die berg toe die ongeluk gebeur het.

“Dit was reeds sterk skemer en ’n rots het vermoedelik losgekom en Muller getref.”

Muller, oorspronklik van Durbanville, word oorleef deur sy vrou, Colette, en twee kinders – ’n meisie (3) en ’n seun van 15 maande.

  • ’n Brand wat gister om 12:30 in Houtbaai uitgebreek het, het inwoners groot laat skrik. Van die inwoners van Fishermans Cottages het self hand bygesit en die brandweer gehelp om die brand te blus.

Mnr. Justin Oriain wat by die departement van dierkunde aan die Universiteit van Kaapstad werk, het gesê hy het huis toe gejaag toe hy van die brand hoor.

“Toe ek by my huis aankom, was daar meer as 20 mense in my tuin besig om die vlamme te blus en te keer dat dit naby die huise kom. Dit is net ongelooflik om te sien hoe almal gehelp het.”

Al 40 inwoners van die Kronendal-aftreeoord is ook uit hul huise gehaal en na die eetsaal gebring. Dit was net ’n voorsorgmaatreël, en teen 15:15 was almal terug in hul kamers, het me. Anne-Mari Ferreira, ’n administrateur van die oord, gesê.

  • Verslagspan: Malani Venter, Jan Gerber en Raymond Williams

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.