Robbie Klay tel ‘flentertjies van sy lewe wat nog oor is’ op
2010-07-26 00:22
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
Kaapstad.– “Ek het die brokstukkies en flenters van my lewe opgetel en met ’n hele nuwe lewe begin.”
Só het die sanger Robbie Klay (24) gister gesels oor die musiekwereld wat gons oor sy nuwe haarstyl, sy nuwe voorkoms, sy nuwe tipe musiek en sy loopbaan as sanger wat weer vlamgevat het.
Klay en die sanger Jurie Els was verlede jaar in ’n opsienbarende hofgeding gewikkel oor bewerings van Klay dat Els hom as jong seun seksueel gemolesteer het.
Els is in November verlede jaar in die hooggeregshof in Pretoria deur waarnemende regter Chris Eksteen vrygespreek.
Klay het gesê dit was aanvanklik baie moeilik om die uitspraak te verwerk.
“Ek het egter met sielkundige hulp besef dat ek die flentertjies van my lewe wat nog oor is, sal moet optel en ’n nuwe begin sal moet maak.”
Die gevolg is ’n splinternuwe, moderne haarstyl en klere waarin sy aanhangers hom nog nooit gesien het nie.
“Meer funky,” het hy droogweg opgemerk.
- Die Burger