Rivier gryp gesin op trekker, wa

2012-02-08 00:00

PORT ELIZABETH. -  Mnr. Christo van der Walt (55) van die plaas Skurwekop by Adelaide en sy gesin het die naweek ’n noue ontkoming gehad toe die trekker en sleepwa waarmee hulle deur die vol Koonup­rivier wou ry deur die water meegesleur is.

Sy skoonma, me. Hester du ­Toit (77), en sy vrou, Wilna (52), was ook op die sleepwa toe die trekker Vrydagaand in die middel van die vol rivier gaan staan het. Du Toit en twee werkers op die trekker is na veiligheid gedra. Van der Walt en sy vrou het na die wal geswem.

Die brug op die Post Retief-sirkelroete het in Junie verlede jaar weggespoel. Boere het intussen ’n laagwaterbrug hoër op in die oewer gebou om met trekkers en viertrekvoertuie oor die rivier te kom. Dit is op dié gedeelte van die rivier waar die trekker en sleepwa Vrydagaand amper weggespoel het toe van der Walt sy gesin van Adelaide na die plaas wou bring en die rivier­vlak skielik begin styg het.

Pogings om die brug, wat daagliks deur sowat 20 boere in die omgewing gebruik word, deur die Oos-Kaapse paaiedepartement te laat herstel, sloer al agt maande en niks sal waarskynlik voor Junie daaraan gedoen word nie, het mnr. Theuns Botha, voorsitter van die Post Retief Landbouvereniging, gesê.

“Ons het die saak weer Maandag op ’n vergadering bespreek. Die paaiedepartement het tot dusver net skouers opgetrek en gesê daar is nie geld om in die huidige boekjaar herstelwerk aan die brug te doen nie.”

Dit sal na raming nagenoeg R450 000 kos om ’n nuwe brug te bou.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.