Rinkhals het dalk uitgesterf in Kaapstad

2010-09-10 01:14

Kaaptad

Hy mag dalk dood speel, of ’n spoeg of twee in jou rigting stuur, maar as jy dié slang sien, moet hom liefs nie probeer optel of doodmaak nie. Bel dadelik die naaste natuurbewaarder.

Nog nie ’n enkele rinkhals is die afgelope vyf jaar in een van Kaapstad se natuurreservate of natuurlike gebiede opgemerk nie. Dit is moontlik dat die rinkhals uitgesterf het in Kaapstad.

Baie bespiegel dat die uitwerking van verstedeliking die rinkhals, ’n slang van die kobrafamilie, tot op die randjie van uitsterwing gedryf het.

Volgens mnr. Owen Witt­ridge, bestuurder van die Helderberg-natuurreservaat, is die slang deesdae baie skaars in die Kaap. “Die slange was tot tien jaar terug baie algemeen in die Kaap. Daar is egter in die afgelope vyf jaar geen rinkhals in natuurreservate of natuurlike gebied in die Kaap gesien nie. As hulle vir vyf jaar nie opgemerk is nie, word hulle op die rooidatalys geplaas. Dit beteken hulle is op die randjie van uitsterwing.

“As die reptiel vir langer as tien jaar nie gesien word nie, word dit in dié gebied as uitgesterf verklaar.

“Die slang is al byna tien jaar nie opgemerk nie, so ons het besluit om ’n projek te begin wat die bewaring van die spesie sal insluit,” het Wittridge gesê.

Die afdeling biodiversiteitsbestuur van die stadsraad vra dat enige persoon wat ’n rinkhals die afgelope tien jaar in die Kaap gesien het, mnr. Grant Smith by 0218516982 of 0843281001 bel.

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Wim sê... In die woorde van Eugene Marais:... di vyande van di Afrikaanse taal is Jingo-Afrikaners- mense so laag gevalle dat jy lus het om jou mond uit te spoel na jy hulle name noem. Ons het al baie slegte nasies en mense in ons tyd gesien, maar nog nooit iets lager of gemeener dan een Engels-gesinde Afrikaner wat sy moeder-taal di - taal deur sy vaders gesproke- verag." Daar is natuurlik ook die wat nie weet wie hulle pa was nie. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bfn: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Business Analyst

Western Cape, South Africa
Ayanda Mbanga Communications
Market Related

Senior Network Engineer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R20000 - R32000

Data Manager

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

A 180 ELEGANCE AT
2010
R 244,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.