Regter verwerp Roodt se appèlaansoek teen koerant

2012-02-07 00:00

KAAPSTAD. – Dr. Dan Roodt mag nie appelleer teen ’n bevinding van die nasionale persombudsman dat dit geregverdig is om na hom as verregs en ekstreem te verwys nie.

Roodt, leier van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (Praag), het hom tot die persombudsman gewend nadat die onafhanklike kommentator Ilse Bigalke in die rubriek “Van hekse kom nie altyd onheil” so na hom verwys het. Die rubriek het op 24 November 2011 in Die Burger verskyn en Roodt het aangevoer hy word daardeur beswadder.

Dr. Johan Retief, adjunk-persombudsman, het vroeër vanjaar in sy bevinding Die Burger se verweer aanvaar dat die verwysings geregverdigde kommentaar en in die openbare belang is.

Roodt het by regter Ralph Zulman, voorsitter van die SA Persraad se appèlkomitee, aansoek gedoen om teen die bevinding te appelleer. Zulman het pas bevind Retief se bevinding is gepas.
Omdat daar geen redelike vooruitsig is dat die appèlkomitee tot ’n ander beslissing as dié van die adjunk-ombudsman kan kom nie is Roodt se aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys.


 

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.