Rathbone onthul stryd met depressie

2012-02-04 03:00
Clyde Rathbone soos hy van Januarie verlede jaar v

Verandering.:

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

JOHANNESBURG. – Clyde Rathbone, voormalige kaptein van die Suid-Afrikaanse o.21-span en Wallaby-rugbyspeler, het op sy Facebook-blad onthul hoe hy as kind emosioneel mishandel is en tot onlangs nog met depressie geworstel het.

Rathbone (30), wat in Durban gebore is en ná 2002 na Australië verhuis het, het onlangs op die webwerf Riotact en op Facebook onthul hoe hy aan depressie gely het ná sy gedwonge uittrede uit rugby weens beserings.

Hy het ook geskryf hoe hy as kind emosioneel mishandel is “deur iemand wat na hom moes omsien”.

Hy het sy lewe omgekeer nadat sy vrou, Carrie, uit die huis getrek het en hy Julian Smith se blog, In over your head, gelees het.

Nou hoop hy sy storie kan ander ook help.

Rathbone vertel hoe die mishandeling hom ’n deurmekaar, opstandige en kwaai kind gemaak het.

“ ’n Aantal dinge kan gebeur as jy emosioneel mishandel word. Ek het daardie negatiewe stem begin glo totdat dit ingegrawe was by my.

“Dit het my geraak in alles wat ek doen.”

Sy uittrede uit rugby op die ouderdom van 27 jaar het sy situasie vererger.

Selfs in sy speeldae vir Australië se nasionale span was hy nie heeltemal gelukkig nie.

“Wat in my kinderdae gebeur het, het my nooit verlaat nie. Die gebeure het in ander vorme gemanifesteer.

“Ek was kwaad, geïrriteerd en gespanne sonder om te weet waaroor.”

Hy het op ’n tyd selfs aan selfmoord gedink en sy vrou verbaal mishandel.

Dinge het verlede jaar só erg geraak dat sy vrou ’n tas gepak en by ’n vriendin ingetrek het.

Hy het ’n sielkundige gaan spreek, soos Carrie hom al in die verlede gesmeek het om te doen.

Hy het weer begin werk, oefen, ’n dieet gevolg en ou vriende opgesoek.

Die afgelope ses maande al het hy geen depressie gehad nie, en hy voel nou of niks hom kan onderkry nie.

Rathbone wil graag nou sy verhaal met soveel mense moontlik deel vir wie dit dalk iets kan beteken.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.