Prof. Jordaan se dood skok PE

2012-02-06 01:36

PORT ELIZABETH. – Huldeblyke stroom in ná die dood van prof. Danie Jordaan, voormalige direkteur van die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Universiteit (NMMU) se Skool van Taal, Media en Kultuur.

Jordaan is Saterdagoggend om 02:30 ná ’n lang stryd teen kanker in die Life St. George-hospitaal oorlede.

Hy was veral bekend vir veral sy rol om mediastudies en joernalistiek by die universiteit te vestig.

Mev. Bianca Wright, hoof van joernalistiek, media en filosofie by die NMMU, het gesê sy dood is ’n skok.

“Hy het soveel jare teen kanker geveg.

“Elke keer wanneer hy ’n terugslag gehad het, het hy terugbaklei, en ons het gedink en gehoop hy sal dit weer doen,” het Wright gesê.

Sy het gesê Jordaan is in 1998 met gevorderde velkanker gediagnoseer en sy prognose op dié tydstip was hy sou nog net een jaar leef.

Jordaan was tot sowat twee jaar gelede direkteur van die Skool van Taal, Media en Kultuur voordat hy met siek- en daarna met sabatsverlof gegaan het.

Hy het sy loopbaan as Afrikaans-onderwyser begin voordat hy in die jare negentig by die NMMU as dosent in Afrikaans aangestel is.

Volgens Wright het hy besef die taalfakulteit sou net oorleef indien dit aanloklike programme aanbied.

“Hy het hom beywer vir die vestiging van mediastudies by die NMMU. In 1999 het ons begin met 25 studente en nou maak ons voorsiening vir tussen 300 en 400 studente.”

Jordaan word oorleef deur sy vrou, dr. Christina Jordaan van die NMMU se Onderwys­fakulteit, sy seun, Johan Jordaan, en dogters Emmarentia Venter en Danielle Jordaan.

Geen begrafnisreëlings was teen druktyd bekend nie.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.