Polisielid dreig glo twee oor moord

2012-02-04 03:00

VENTERSDORP. – Die ondersoekbeampte in die Eugène Terre’Blanche-moordsaak het die minderjarige beskuldigde onwettig ondervra voordat sy ma teenwoordig was, het die rondgaande hof hier gister gehoor.

Dít terwyl die 16-jarige wakker gehou is met net ’n kombers as beskerming teen die “koel Aprilnag”, het adv. Norman Arendse SC, vir die minderjarige, aangevoer.

“Die seun was bang en moeg nadat hy ver gestap en (vroeër die dag) gedrink het,” het Arendse tydens kruisondervraging aan die ondersoekbeampte, lt.kol. Tsietsi Mano, gesê.

’n Binneverhoor is tans aan die gang oor die toelaatbaarheid van uitwysings en erkennings.

Mano het gesê die onderhoud met die seun ure ná die moord op 3 April 2010 het spontaan plaasgevind.

“Ek het nie gedink ek oortree die wet of benadeel hom nie.”

Volgens Mano het hy die inhoud van die onderhoud later aan die tiener se ma herhaal en het die seun alles bevestig.

“Het hy ’n keuse gehad?” wou Arendse weet. “Wat kon sy ma, ’n ongeletterde alkoholis, daaraan doen?”

Die hof het ook gehoor mnr. Chris Mahlangu (31), die ander beskuldigde, sal beweer Mano het hom gedreig hy sal hom doodmaak tensy hy uitwysings doen en ’n verklaring voor ’n landdros aflê.

Mahlangu het ’n paar dae ná die moord ’n verklaring voor ’n landdros afgelê, maar sy destydse prokureur het die proses halfpad gestuit.

Arendse het Mano daarvan beskuldig dat hy “geneig is tot wrede, onwettige en apartheidsmetodes” om inligting uit verdagtes te kry en ’n “geskiedenis” van onwettige optrede het.

Arendse het verwys na ’n bevinding van die hooggeregshof in 2008 dat onder andere Mano mnr. Madimetja Phineas Kutumela, ’n tradisionele geneser, in 2004 ontvoer en gemartel het om ’n misdaad te beken wat hy nie gepleeg het nie.

Die polisie moes skadevergoeding van meer as R500 000 aan Kutumela betaal.

Mano het gister volgehou hy was onskuldig, ondanks die hofbevinding.

Hy het ook ’n saak van aanranding hangende teen hom oor die beweerde marteling van vermeende bankrowers. Hulle is glo elektriese skokke toegedien en een was na bewering ’n week in die hospitaal.

Hy het volgehou die uitwysings en erkennings is vrywillig gedoen nadat albei beskuldigdes se regte in Tswana aan hulle verduidelik is.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.