Polisie ‘het ondersoek benadeel’

2012-02-07 00:00

VENTERSDORP. – Die ondersoekbeampte in die Eugène Terre’Blanche-moordsaak het die saak benadeel omdat hy oorhaastig was en gedink het dis só waterdig dat dit binne dae afgehandel sal wees, het die rondgaande hof hier gister gehoor.

Adv. Norman Arendse SC, vir die minderjarige beskuldigde, het voortgegaan om die aanvanklike ondersoekbeampte, lt.kol. Tsietsi Mano, te kruisondervra.

Getuienis in die binneverhoor oor die toelaatbaarheid van uitwysings en erkennings is gister afgesluit. Slotbetoë word vandag aangehoor.

Arendse het Mano daarvan beskuldig dat hy die twee verdagtes onwettig van die Ventersdorp-polisiekantoor na Klerksdorp vervoer het. Volgens Mano het hy hulle na Klerksdorp geneem omdat hulle aanvalle van AWB-ondersteuners gevrees het.

Hy het gesê mnr. Chris Mahlangu (31) en die minderjarige is openlik met die medewete van die persoon in beheer van die Ventersdorp-polisiekantoor vervoer.

Arendse het aangevoer Mano was oorhaastig met uitwysings. Hy het weer daarop gehamer dat ’n proefbeampte die minderjarige (toe 16) nie geëvalueer het voordat Mano hom ondervra het nie.

“’n Proefbeampte moet onder meer vasstel of ’n volwassene ’n kind gebruik het tydens die misdaad en of die minderjarige uitgebuit is.”

Mano het erken hy was nie bewus van die Wet op die Beregtiging van Kinders wat op 1 April 2010 – twee dae voor die moord – in werking getree het nie. “Ek kan nie aanvaar hooggeplaastes (soos Mano) het nie van die wet geweet nie,” het Arendse gesê.

Mano het gister getuig toe hy enkele dae ná die moord by die staatsaanklaer van die wet hoor, was hy baie nuuskierig en het hy op die internet daaroor gaan lees.

Arendse wou weet hoekom Mano toe nie die foute wat hy gemaak het, reggestel het nie.

Mano het geantwoord: “Ek het nie gedink dit sou enige verskil maak nie.”

Die wet bepaal ’n proefbeampte moet ’n minderjarige binne 24 uur ná inhegtenisname assesseer. Terre’Blanche se vermeende minderjarige moordenaar het uitwysings gedoen voordat die 24 uur verstreke was.

Arendse het gesê ’n proefbeampte sou onder meer kon vasstel die minderjarige en sy ma is al jare van mekaar vervreem. Die hof het vroeër gehoor die polisie het die minderjarige se ma, ’n ongeletterde alkoholis, gaan haal nadat hy reeds ondervra is.

Mano het getuig hy het die minderjarige in ooreenstemming met sy ouderdom behandel.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Skryf nou al 'n ekstra nul agter daardie koopprys. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.