Padkorporasie in bedrogskandaal

2010-04-28 23:46

Pretoria

Die omstrede Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) is stil-stil ontbind nadat “gruwelike bedrog en wanbestuur” glo blootgelê is.

’n Hooggeplaaste in die RTMC wat anoniem wil bly, het gister bevestig die RTMC-raad het die trekpas gekry.

Dié besluit is geneem nog voordat ’n taakspan ’n verslag oor die RTMC aan mnr. Sibusiso Ndebele, minister van vervoer, voorgelê het. Die minister het in Februarie ’n taakspan aangestel om ’n lang lys van bewerings van wanbestuur en ongemagtigde uitgawes in die RTMC te ondersoek.

Die RTMC is onder meer verantwoordelik vir die inwerkingstelling en administrasie van die Wet op Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe (die Aarto-stelsel) en om inligting oor padsterftes te hanteer.

Die RTMC-bestuurslid het gesê daar het “gruwelike bewyse” na vore gekom.

Mnr. Logan Maistry, Ndebele se woordvoerder, het gister gesê daar is nog nie ’n “amptelike besluit” oor die RTMC-raad se lot geneem nie. “Die kwessie word deur die RTMC se aandeelhouerskomitee bespreek en die besluit sal spoedig bekend gemaak word.”

Die RTMC-raad sal glo ná Ndebele die verslag ontvang het onder meer moet verduidelik waarom meer as R245 miljoen wat met eNatis-transaksies gemaak is nie in 2009 aan die departement oorbetaal is nie.

’n Ouditverslag wat vroeër vanjaar op die lappe gekom het, het getoon dat mnr. Ranthoko Rakgoale, die RTMC se uitvoerende hoof, salarisverhogings van tot 389% vir sy uitvoerende direkteure goedgekeur het. Die uitvoerende direkteure het verlede jaar elk R3 miljoen verdien – veel hoër as die salaris van R647 000 wat hulle in 2008 gekry het.

Daar is voorts gevind dat die RTMC verlede jaar R4,5 miljoen aan werksessies bestee het, terwyl net R1,5 miljoen daarvoor begroot is. Daar is ook ander bewerings van ongemagtigde uitgawes.

Die RTMC het glo verlede jaar R1,3 miljoen betaal om losies te huur by Coca-Colapark en Loftus Versfeld gedurende die Konfederasiebeker-toernooi.

Rakgoale is in Februarie geskors kort nadat Ndebele die taakspan aangestel het. Mnr. Rob Handfield-Jones, besturende direkteur van driving.co.za, het gesê dit gaan die verstand te bowe dat die besluit enkele weke voor WB 2010, wanneer padveiligheid van uiterste belang gaan wees, geneem is.

“Die RTMC was niks meer nie as ’n 12 jaar lange eksperiment van swak regering waarmee miljoene rande verkwansel is.”

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Nolan sê... Sammy gaan tjorts in jou broek. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY02
2003
R 95,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.